Fakulteit Lettere en Wysbegeerte
Skool vir Sosiale en Owerheidstudies vier 'n dekade
      <description>Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies (SSOS) het vroeg in November hul tiende bestaansjaar herdenk. Dié geleentheid is gevier met 'n koek met tien kersies daarop, geskenke en terugskouings van die afgelope tien jaar.
CTexT lewer speltoetsers aan die regering vir evaluasie
      <description>Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) het vandeesweek speltoetsers vir tien Suid-Afrikaanse tale aan die departement kuns en kultuur oorhandig vir evaluasie. Dit kom nadat CTexT en die departement se Nasionale Taaldiens einde 2006 'n ooreenkoms gesluit het om speltoetsers wat spesifiek pasgemaak is vir die regeringsdomein te ontwikkel. Die speltoetsers sluit pasgemaakte weergawes van die reeds bestaande Afrikaanse, isiXhosa, isiZulu, Sepedi en Setswana speltoetsers in asook eerstegenerasiespeltoetsers vir Sesotho, Tshivenda en Xitsonga, en tweedegenerasiespeltoetsers vir isiNdebele en Siswati.
NWU ontvang erepalms by Student Goldpack Awards
      <description>Grafiese ontwerpstudente van die NWU-Puk het weer eens die ontwerpafdeling van die 2008 Student Goldpack Awards oorheers. Hulle het twee van die drie kategorieë vir ontwerpstudente gewen en ook 'n finalisposisie in die oorblywende kategorie behaal. Boonop het die NWU-Puk weer vanjaar gespog met die meeste finaliste van alle tersiêre instellings in hierdie kompetisie. Die groot ster van die dag was Carien Roberts wat die wenner van die Brighten your smile-kategorie was. Roberts het ook die goud in die algehele ontwerpkategorie ontvang.
Prof. Attie Gerber aangewys as Roscar-beoordelaar
      <description>’n Dosent in dokumentêre video op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is aangewys as ’n beoordelaar in dié belangrikste en grootse natuurhistoriese filmfees in Suid-Afrika.
Amptelike afsluiting op Potchefstroomkampus
      <description>Die amptelike afsluiting van die Potchefstroomkampus vind op Vrydag 31 Oktober 2008 om 12:00 in die Sanlam-Ouditorium plaas. Personeel en studente word genooi om die geleentheid by te woon.  Kom luister na prof Annette Combrink (Kampusrektor) wat perspektiewe sal verskaf op die jaar, en inligting sal gee oor sake wat die Kampus en die hele Universiteit raak.  Dit is nog 'n kommunikasiegeleentheid wat geskep word, en personeel word veral versoek om die geleentheid by te woon. Verversings sal na afloop van die geleentheid bedien word.
Finale p~yp!-uitgawe vir 2008 in PDF-formaat
      <description>Die someruitgawe en finale uitgawe van p~yp! vir 2008 is beskikbaar. Artikels deur studente en dosente oor tale, letterkunde, woordkuns, visuele kuns en verskillende aspekte van die media verskyn hierin.
Proeflesing in Duits
      <description>Kollegas
Soos julle weet, het ons met ingang 2009 'n vakature in Duits.  Die proses om die vakature te vul, is ver gevorder. 'n Kandidaat vir die pos gee more (Woensdag 29/10) 'n proeflesing om 12:15-12:45 in FdT208.  Die lesing word in Duits aangebied - dis naamlik gemik op 'n derdejaarsklas in Duitse letterkunde.  As jy Duits verstaan en tyd het, sal dit gaaf wees as jy ook kan kom insit en terugvoer kan gee.  Dit sal waardeer word.
By voorbaat dankie!
WAMC
Vonkproptoekennings 2008
      <description>Vonkprop is ’n jaarlikse departementele ontwerpkompetisie. Vonkprop is oop vir alle geregistreerde NWU Grafiese Ontwerp-studente en is nie gebaseer op punte, uitkomste, jaargroep of toekennings nie. 
Die speelvlak word gelyk gestel en ’n paneel, wat uit oorwegend studente bestaan, wys die finaliste en die wenners in elke kategorie aan. 
Stokerlesing - What a university is for?
      <description>Die spreker - 'n kenner op die gebied van universiteitsaangeleenthede en wel-bekende filosoof - is dr Gerard Walmsley van St Augustine's College in Johannesburg. Dr Walmsley is nou betrokke by die wording van 'n Katolieke Universiteit aldaar.
Fotografie-werkswinkel
      <description>Kort en kragtige fotografie werkswinkel. Leer die basiese rondom jou kamera en hoe om 'n goeie foto te neem. In hierdie werkswinkel sal 'n hele paar vrae bespreek word aangaande die fenomeen, fotografie: Hoekom neem ons fotos? Wat maak fotografie so 'n unieke, opwindende medium? Hoekom wil ons beter fotos neem? Wat is 'n goeie foto? Hoekom is ons so gereeld teleurgesteld met ons fotos?
Die essensie van die kursus gaan oor wat 'n mens kan doen om teleurstelling te verhoed, en die beste te maak van elke situasie. Die verskillende aspekte van fotografie sal bespreek word, soos observasie, estetika en tegniese aspekte van toerusting en lig. Die werkswinkel fokus op hoe tegniek gebruik kan word om 'n verlangde effek te verkry, en nie op wat is reg of verkeerd nie.
Dit is 'n visuele werkswinkel, dus sal baie voorbeelde deurgaande gewys en bespreek word. Die kursusgangers sal 'n paar praktiese projekte en oefeninge moet doen op toepassing van wat bespreek word. Die prakties sal fokus op portret en landskap fotografie. Die tweede Saterdag gaan die kursusgangers vroeg uitry om landskappe af te neem, tyd en plek sal vooraf gereel word.</description>
CTexT se Afrikaanse SkryfGoed 2008 is hier!
      <description>Kry 'n nuwe kliek met die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) van die NWU-Pukke!  CTexT bied met trots aan: SkryfGoed 2008 –'n versameling skryfhulpmiddels wat die klikklank van Afrikaans op jou sleutelbord klinkklaar sal maak</description>
Gallery : Meditative Responses 15 October to 6 November 2008
      <description>Work on display : Pauline Gutter, Janine Allen, Jaco Spies, Markus Steinmann, Marjorie Human, Penny George, Carl Kuhn, Davina de Beer.</description>
Klavierkwartette sluit konsertjaar af
      <description>Die laaste konsert wat vanjaar deur die Skool vir Musiek, Noordwes-Universiteit aangebied word, vind plaas op Sondag 2 November 2008 om 15:30 in die Konservatoriumsaal, Thabo Mbekiweg, Potchefstroom.
Drie personeellede van die Skool vir Musiek, nl. Piet Koornhof (viool), Human Coetzee (tjello) en Bernarda Vorster (klavier), sal saam met 'n nagraadse student, Elmarie van der Vyver (altviool), uitvoerings gee van klavierkwartette van Mozart sowel as die Russiese komponis, Sergei Taneyev.
Kaartjies is slegs beskikbaar vanaf 'n halfuur voor die konsert by die loket teen R30 vir volwassenes, en R20 vir leerders, studente en pensioenarisse.</description>
Eerste uitgawe van p~yp! in PDF-formaat
      <description>   p~yp! het in Augustus 2008, vir die eerste keer verskyn. Artikels deur studente en dosente oor tale, letterkunde, woordkuns, visuele kuns en verskillende aspekte van die media verskyn hierin.</description>
Richardt Strydom en Steven Bosch finaliste tydens SASOL se New Signatures-kompetisie
      <description>Twee dosente in die Skool vir Kommunikasiestudies, naamlik Richardt Strydom en Steven Bosch was finaliste tydens SASOL se New Signatures-kompetisie. Dit opsigself is al 'n prestasie om onder       die top 85 gereken te word.
Maar om dit te kroon het Richardt die kompetisie gewen! Dis 'n ongelooflike prestasie om tussen 519 inskrywings en 85 finaliste as die algehele wenner aangewys te word. Sasol New Signatures is 'n kompetisie vir jong kunstenaars wat nog nie 'n solo-uitstalling gehou het nie.</description>
NWU palm eerste goue Loerie in
      <description>Met die 2008 Loerie-toekenningsplegtigheid het hierdie gesogte voël weer in Potchefstroom kom nes skrop. NWU grafiese ontwerpstudent Magdel Smith het vanjaar gesorg dat hierdie instelling sy eerste goue Loerie ingepalm het. Boonop is dit een van slegs 5 goue Loeries wat in vanjaar se kompetisie toegeken is. 
Magdel Smith het goud in die publikasie ontwerp kategorie verwerf met haar selfpromosie boek getiteld Who cares? Tanya Geel se brons is ook in hierdie afdeling toegeken. Twee groepprojekte, een deur Carla Erasmus en Yvonne Lombard en die ander deur Suzan van Wyk en Gert Schoeman het elk ’n brons in die gemengde media veldtog kategorie ontvang. </description>
Laaste geleentheid vir opleiding in eFundi
      <description>Aan alle personeel wat steeds van Varsite LMS gebruik maak vir onderrigdoeleindes: U word nou finaal daaraan herinner dat Varsite aan die einde van 2008 afgeskakel sal word en dus nie meer beskikbaar sal wees vanaf Januarie 2009 nie.  Die laaste geleentheid om opleiding in eFundi (Varsite se plaasvervanger) te ontvang wat spesifiek daarop gemik is om u leergemeenskap(pe) in Varsite te migreer na eFundi, is op Donderdag (28 Augustus 2008) in die ITB-Opleidingslokaal van 9-11vm.  Indien u nie teen Januarie 2009 u leergemeenskap na eFundi gemigreer het nie, gaan u al u inligting in Varsite verloor.  Maak asseblief dus seker dat u by Geraldine Gerhardi (x 2718) uitkom om u inligting te migreer. </description>
Prospektus : Sentrum vir Kreatiwiteitsopleiding
      <description>Formaat:PDF. Lees meer oor watter kursusse die Sentrum vir Kreatiwiteitsopleiding aanbied.</description>
Aardklop: CQ-fest –Creative Quotient Festival
      <description>25 September – 29 September, 2008. Hierdie opwindende Aardklop-inisiatief word vanjaar vir die tweede keer deur die Noordwes-Universiteit se Creative Intelligence Lab aangebied. CQ-fest bied die beste van die media, bemarking en reklame wêrelde onder een dak.
CQ-fest bestaan uit uitstallings en show reels, waaronder die Loeries reisende uitstalling, M-Net Edit, AFDA se kortfilms en die SABS Design Institute Design Achievers 20-jaaruitstalling. Die Cannes International Advertising Festival Gold Lions, geborg deur Independent Newspapers, veleen ‘n internasionale dimensie.</description>
Three NWU Design Students in London after winning Grand Prix at Construction New Media Award
      <description>Three NWU design students each recently completed a month-long internship at three top London creative establishments. Leana de Beer, Carla Erasmus and Gert Schoeman each scored internships at Digit, Poke Interactive and Creative Review Magazine, respectively, after picking up the overall Grand Prix Award at the Construction New Media Awards, held at the Design Indaba in Cape Town in February this year. 
Leana de Beer interned at Poke whose clients include Orange, HSBC, Kate Moss’s fashion line, Yahoo and Gucci, whereas Carla Erasmus spent her time at Digit. Digit uses a combination of strategy, creativity, technology and research and development to offer tailor-made superior solutions to vast array of blue chip clients. Gert Schoeman completed his internship at the world’s leading monthly magazine for visual communication, Creative Review.
Apart from winning the Grand Prix, CI-LAB dominated the off-line category of the competition by collecting the Gold Award for the project Mossie by Leana de Beer, Carla Erasmus and Gert Schoeman (which got them the Grand Prix), as well as the Silver Award, that went to Gert Schoeman’s A Sleepless Night.</description>
Talk by Prof Willem Landman on Ethics of Governance - 16 September, 2008
      <description>The talk addresses the work of the ethics subcommittee of the King 3 Committee on Corporate Governance. The rationale for King 3 (and its predecessors) is the "ethics of governance". All aspects of King 3 (such as board constitution and duties, risk management, or internal audit) should be grounded in core ethical values, and these values should inform the ethical duties of directors, managers, employees and external stakeholders of private and public organisations. This may require special focus and intervention ? the "governance of ethics" or ethics management in the workplace. Managing ethics with a view to building an ethical organisational culture rests on four pillars: risk assessment; development of ethical standards (code of ethics); institutionalising ethical standards; monitoring and reporting. The talk also asks questions such as: What ethics management is already being instituted in   South Africa  ? and How good is our organisational ethics performance?  </description>
Gevorderde eFundi-werkswinkel
    <description>Alle belangstellende akademiese personeel, wat reeds die Basiese eFundi werkswinkel voltooi het, word vriendelik uitgenooi om ook die Gevorderde eFundi werkswinkel by te woon op Vrydag 12 September van 11vm-1nm in die nuwe ITB Opleidingslokaal op die 2de vloer van die Joon van Rooy-gebou (F1). Funksionaliteite soos (o.a.) die plasing van elektroniese werksopdragte, die opstel van elektroniese toetse en die deelname aan gespreksforums sal bespreek word. Kom voorbereid met vrae oor spesifieke aangeleenthede asb. Besprekings: Kontak Kathleen de Beer by 12036412@nwu.ac,za vir 'n registrasievorm. Voltooide vorms moet teen Donderdag 12nm terugbesorg word.</description>
PDF: CI Lab Prospektus 2008
    <description>Laai af in PDF-formaat</description>
Carien Bester wen R50,000 vir Skool vir Kommunikasiestudies
      <description>Carien Bester, 'n honneursstudent in Korporatiewe Media, het gisteraand 'n derdeplek in die kategorie t-hemp en winkelvensterontwerp by die Wrap-2-the-Max toekennings in Johannesburg gewen.
As prys wen die Skool vir Kommunikasiestudies 'n drie-stasie rekenaarstudio ter waarde van R50 000. 
Carien was ook 'n finalis in die buitelug-advertensiebord kategorie.
Daar was slegs 24 finaliste, waarvan die oorwegende meerderheid vanuit industrie gekom het.</description>
Please note that the following concerts within the next month have been moved:
      <description> Please note that the following concerts within the next month have been moved:  South African Music Concert: Moved from Thursday 11 September 2008 to Tuesday 14 October 2008, still at 19:30 in the Conservatory Hall.  Piano Quartets: Moved from Sunday 12 October 2008 to Sunday 2 November 2008, still at 15:30 in the Conservatory Hall.</description>
Plaaslike komponiste op die voorgrond
      <description>Die Inligtingsentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek (ISAM) sorg jaarliks vir 'n konsert in die Skool vir Musiek, Noordwes-Universiteit se konsertreeks waar plaaslike komponiste se werk op die voorgrond geplaas word. Vanjaar se konsert op Dinsdag 14 Oktober 2008 om 19:30 in die Konservatoriumsaal bied 'n verskeidenheid van style en besettings en verteenwoordig die senior sowel as nuwe geslag van komponiste.
Gevestigde komponiste soos Stefans Grové en Pieter de Villiers word verteenwoordig, en daar word ook hulde gebring aan Jeanne Zaidel-Rudolph met haar sestigste verjaardag. Die jonger geslag van komponiste sluit Robert Fokkens en Hannes Taljaard in.
Die sopraan, Mandie de Villiers-Schutte, sal die grootste deel van die program behartig, maar daar is ook werke op die program vir altviool en klavier, en selfs 8 en 12 fluite! Die konsert word soos gewoonlik geborg deur die Suider-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO).
Kaartjies is beskikbaar gedurende kantoorure by die Konservatorium, tel. (018) 299-1692, of vanaf 'n halfuur voor die konsert by die loket teen R50 vir volwassenes, en R30 vir leerders, studente en pensioenarisse.</description>