Namaqualand

Bloedskenkers ontvang medaljes
Philip Bence – Springbok

Tydens ŉ dinee gehou op Donderdag 3 Mei 2012 by die Kokerboom Motel, is medaljes aan bloedskenkers oorhandig. Elk van die medalje ontvangers het ŉ spesifieke hoeveelheid eenhede bloed geskenk.
Die verrigtinge is met ŉ gebed geopen waarna almal verwelkom is. Suster Stephanie Fourie, die Area Bestuurder van die SANBS, het ŉ oorsig gegee oor die Vrystaat/ Noordkaap area. Hul missie is om genoegsame kwaliteit bloed produkte vir mediese dienste op ŉ bekostigbare wyse in te samel. Die SANBS samel jaarliks 800 000 eenhede bloed in. Daar is jaarliks ŉ toename van bloedskenkers van ongeveer 60 000 mense. Daar word gemiddeld 2.14 eenhede bloed per persoon geskenk. Die skenkers bestaan uit 59% mans en 41% vroue. Dit is baie belangrik om na die skenkers om te sien en word hulle aangeraai om net 4 keer per jaar bloed te skenk. Daar is geen alternatief vir bloed nie. Daar was al ŉ poging om ŉ beesras te teel wat bloed vir menslike gebruik kon voorsien maar dit het nie gerealiseer nie.

Die belangrikheid van die inligting wat op die vorm verskaf word alvorens bloed geskenk word, is aan die gaste verduidelik. Indien ŉ skenker op medikasie is, moet dit spesifiek genoem word aangesien die ontvanger heel moontlik negatief sal reageer daarop. Elke eenheid bloed wat ontvang is, word deeglik getoets en geklassifiseer alvorens dit gestoor word. Daar is verduidelik hoe bloed geskei word in plasma, plaatjies en rooibloed selle. Bloed word gevries en het ŉ leeftyd van 42 dae. Die meeste bloed wat ontvang is, word vir geboortes en ginekologie gebruik. Gewoonlik is die hoogste gebruik in September maand.
Jana Wallace, Bemarking Bestuurder van die area, het gesê die skenkers is helde wat omgee vir hul mede mens. Sy het ŉ paar boodskappe van waardering, wat deur mense wat bloed ontvang het, voorgelees. Daar is gesê dat skenkers spesiale engele is. Die donateurs wat deurentyd bloed skenk is bedank vir hul lewens redding gebaar.

Die Tak se Insameling Bestuurder, Suster Ricky Diergaard, het verduidelik die satelliet stasie gesluit is weens koste effektiwiteit. Die logistiek het ook bygedra aangesien die bloed in Bloemfontein gestoor en dit moet binne 18 uur daar gelewer word. Springbok sal elke tweede maand besoek word en skenkers sal vooraf gekontak word. Skole sal ook besoek word want daar kan reeds vanaf 16 jarige ouderdom bloed geskenk word. Daar is ŉ teiken van 10 000 eenhede bloed vir die jaar gestel. Daar word ook ŉ teiken gestel vir elke besoek.
Mnr. Fielding het die gaste vertel hoe hy moes bloed ontvang tydens sy stryd teen prostaat kanker, hy is nou genees en het die skenkers bedank vir hul onbaatsugtige gebaar deur bloed te skenk.

Die oorhandiging van die medaljes het hierna plaasgevind. Die eerste kategorie is vir mense jonger as 26 jaar wat 20 eenhede geskenk het. Hulle was Clifton Engelbrecht, Gerrit en Albertus Nagel. Die mense wat medaljes ontvang het, het reeds 50 skenkings gegee. Hulle was Jacobus Kampfer, Gezina Engelbrecht, Johanna Hanekom, Ernst Groenewaldt, Jacobus Oelofse, Willem Thiart, Marianne De Waal, Jacobus van Dyk, David Friedberg, Linda Bloemhoff, Priscilla Smit en Gerrit Nagel.
In die kategorie vit 75 skenkings is Manie van der Linde, Jan Visser en Isak van Niekerk vereer.
Hilda Groenewald en Mario Brand het reeds meer as 100 skenkings gedoen en ook hul medaljes ontvang.

Ds Frederick Booysen was die enigste persoon wat meer as 125 skenkings gemaak het maar kon nie die geleentheid bywoon om sy medalje te ontvang nie.
Die geleentheid is afgesluit met ŉ heerlike ete waarna almal baie tevrede uitmekaar gegaan het.

Netbal en Rugby in volle swang
Dis weer die tyd van die jaar waar skole netbal en rugby in volle swang is. Die Namakwaland skole rugby proewe het reeds op 17 April vir Laerskole en 18 April vir Hoërskole plaasgevind en die spanne is gekies. Baie van die spelers het ook die ontwikkelings naweek bygewoon.

Die Netbal proewe vir die Nama Khoi streek het op Woensdag 2 Mei op die netbalbaan van HSN plaasgevind. Die proewe vir die Namakwaland span vind op Saterdag 5 Mei 2012 op die Netbal baan van HSN plaas. Spanne van die Nama Khoi, Hantam, Richtersveld en Khai Ma streke sal in ouderdoms groepe van dogters O/14 tot O/19 dit uitspook om ŉ plek in die Namakwaland Distrik Hoërskool spanne. Die spanne van die Laerskole ding ook op Saterdag 5 Mei op die velde van Primêre Skool Springbok plaas. Die Distrik spanne sal op 25 en 26 Mei na Kimberley gaan om deel te neem aan die Noordkaap proewe. Die spanne wat daar gekies word sal later die jaar gaan deelneem aan die nasionale netbal toernooi.

Die rugbyspanne van die O/16 en O/18 seuns speel op 4 en 5 Mei 2012 in Upington teen ander distrikte waarna die span vir die Griekwaland-Wes Platteland gekies sal word. Die Laerskole se O/12 en O/13 distrik rugbyspanne gaan ook op Upington speel maar net op Saterdag 5 Mei.

Dis voorwaar ŉ baie besige naweek vir die Netbal en Rugby spanne en toeskouers is baie welkom om hul span te kom ondersteun.

Wielie Walie hou jaarlikse sport en speletjiesdag
Werkersdag, 1 Mei 2012, is op die sportgronde van Springbok deur die Wielie Walie Kleuterskool van Bergsig gebruik om hul jaarlikse sport en speletjies dag aan te bied.

Me Rose Louw, die Prinsipaal van die kleuterskool het gesê dat hierdie die 15de jaarlikse byeenkoms is in die 30 jaar van die bestaan van die skool. Hierdie byeenkoms is ŉ geleentheid waartydens die kleuters saam met hul ouers en die gemeenskap bymekaar kom en dien ook as ŉ fondsinsameling vir die kleuterskool. Die kleuterskool het reeds 290 kinders en vir die fondsinsameling word hulle in 5 groepe opgedeel en ŉ praktisyn staan aan die hoof van elke span. Die teiken vir elke span is R5000.00 maar word gewoonlik gemaklik oorskry. Langs die veld is daar vleis gebraai, worsrolletjies en soetigheid verkoop en die mense het tou gestaan om kos te kry. Die bestanddele is alles deur die ouers geskenk en hulle het self die kos voorberei en verkoop.

Oral op die veld en atletiekbaan is verskeie items vir die kleuters aangebied. Die kinders het onder groot aanmoediging van die skare hulself geniet maar as daar na die gedrag van die ouers gekyk word sou mens sweer dis hulle wat deelneem. Daar is mos nie ŉ kind wat so briljant is as jou eie nie. ŉ Paar items is ook vir die ouers aangebied maar ŉ paar moes gekanselleer word weens die groot hoeveelheid mense en die tekort aan tyd.

Alhoewel daar straf meegeding was tussen die 5 spanne was die uiteindelike wenner die Wielie Walie kleuterskool en hul kleuters.

Rose het Die Plattelander ook meegedeel dat die kleuterskool uit sy nate bars. Hulle het tans 290 kinders en sit met ŉ waglys van meer as 40. Die personeel staan nou op 24 praktisyns en 6 algemene werkers. Planne om die kleuterskool uit te brei is reeds in plek. Sekere van die murasies op die terrein van die kleuterskool gaan herstel en opgegradeer word om sodoende die kapasiteit van die skool te vergroot om aan die aanvraag te voldoen.

Build It open teel-en badkamer vertoonlokaal
Die Hardeware winkel Build It wat hul deure vir die eerste keer oopgemaak het in 2007, het tydens ŉ dinee, op Dinsdag aand, 24 April 2012, die nuutste toevoeging van hul reeks produkte bekend gestel. In die perseel waar Voltco voorheen was is ŉ teël en badkamer vertoonlokaal amptelik geopen. Baie van Springbok se sakemanne het die geleentheid bygewoon en was baie beïndruk met die uitstalling.

Mnr. Hans Koekemoer, Operasionele bestuurder van Buid It se Hoofkantoor in Pinetown, Mnr. Lee de Beer, Streekbestuurder en Mnr. Hennie Senekal, Bestuurder van Build It in Vredendal, het die opening bygewoon. Mnr. Koekemoer het in sy toespraak genoem dat die Springbok tak een van die eerstes in die land is wat hierdie nuwe reekse sal aanhou en dat daar baie vertroue in die bestuur en personeel van die plaaslike tak is om dit ŉ reuse sukses te maak. Na die opening toesprake afgehandel is, is daar aan die gaste versnaperinge en drankies voorgesit. Terwyl hulle met hul bordjies rondgeloop het en al die badkamer toebehore en teëls besigtig het, is daar ŉ gelukkige trekking gehou. Me Gloudina Dippenaar het 10 bokse teëls gewen, Pieter Wepener, 5 pakke gelamineerde vloerplanke en Jannie de Kock ŉ wasbak met die staander.

Tydens ŉ onderhoud met Die Plattelander het Mnr. Koekemoer en Paul Nel, takbestuurder van Build It Springbok, gesê dat die maatskappy gemiddeld 22 takke per jaar landwyd oopmaak en dat hierdie Teël en Badkamer afdeling van die eerstes in die land is. Daar word 72 verskillende teëls vertoon en 40 daarvan word in voorraad gehou. Die res van die teëls word bestel en behoort binne ‘n week beskikbaar te wees. Die tak op Vredendal gaan binnekort vergroot word en staan in lyn vir ŉ teel en badkamer afdeling.

Die deure van die winkel is op Woensdag vir die publiek geopen.

Oorskot van Piennars terug in Suid Afrika
Die oorskot van die San-egpaar, Trooi en haar man, Klaas Pienaar, is na meer as ‘n eeu terug in Suid-Afrika, hul geboorteland.
Verlede week het ‘n regeringsdelegasie, onderleiding van dr Joe Phaahla, en mev. Pauline Williams, LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, spesiaal na Wenen in Oostenryk gevlieg om die twee se oorskot huis toe te bring. Dit het die afgelope naweek op die O.R Tambo lughawe geland, waar San-lede dit in ontvangs geneem het.

Verskeie afstammeling van die egpaar soos Mary Padmaker Bezuidenhout en San-leiers, soos hoofman, Adam Gert Matthysen het die kiste met die oorblyfsels ingewag. Hierna is dit per vliegtuig na Upington gebring.
Voor die twee se oorblyfsels in Wenen op die vliegtuig geplaas was, het ‘n San-tradisionele heler, Petrus Vaalbooi, die oorskot geseën, volgens die groep se tradisies. Hiertydens het Williams, wat die Noord-Kaapse regering verteenwoordig het, gesê:

“Vandag is ons bymekaar om ‘n belangrike mylpaal te vier, naamlik die herstel van ons menseregte en menswaardigheid. Die terugneem van Trooi en Klaas Pienaar se beendere na Suid-Afrika, simboliseer enersyds die terugneem van die Afrika-kultuur uit Europa en andersyds die einde van Westerse kolonialisme.”

Sy het verder die Oostenrykse regering bedank vir hul rol in die repatriasie van die twee se liggaamlike oorblyfsels en daarop gewys dat die huidige regering goeie verhoudings opgebou het met ander lande, wat ons inheemse tradisies respekteer.

“Hierdie jaar is die ANC 100 jaar oud wat dit die oudste Vryheidsbeweging op die Afrika-kontinent maak. Toevallig val die historiese repatriasie van die Pienaars se oorskot ook met Vryheidsmaand in April, daarom is ons verheug hieroor,” het sy afgesluit.

‘n Antropoloog, in rasse-studies, Rudolf Poch, het in 1909 Klaas en Trooi Pienaar se geraamtes onwettig uit ‘n graf gehaal en na Oostenryk geneem vir ‘n studie oor dwergies. Poch het ook-San tekeninge gesteel, volgens die Noord-Kaapse regering, maar dit is ook nou aan Suid-Afrika oorhandig.

Die Pienaars is verlede week naby die oorspronklike grafte op Kuruman herbegrawe. Dit het saam met Vryheidsdagvieringe geskied en so is ‘n hartseer hoofstuk en onderhandelinge van vier jaar, op ‘n blye noot afgesluit.

☻ Blykbaar lê daar nog oorblyfsels van verskeie inheemse groepe in Oostenryk, wat wag om na hul geboorteland, Suid-Afrika, gebring te word.

Afsluiting van Jeug Ontwikkeling Kamp
Die rolspelers van die afgelope Jeug Ontwikkelings Kamp wat gehou is op Kleinzee het Dinsdag 24 April 2012 vir die laaste keer bymekaar gekom by die Bosasa, te Bergsig. Die doel van die byeenkoms was om ŉ evaluasie van die kamp te doen en terugvoering van almal te ontvang.

Die terugvoering wat van die skole, ouers en publiek gekom het, was baie. Dit het ook aan die lig gekom dat daar nou ŉ groot aanvraag is vir ŉ soortgelyke kamp deur kinders wat nie dié een kon bywoon nie. Selfs die fasiliteerders van die verskeie aktiwiteite het gesê dat hulle ook by van die kinders geleer het en met graagte die volgende byeenkoms sal wil meemaak.
Aanbevelings vir die volgende kamp is gemaak en sluit onder andere in om meer rolspelers te betrek en om die nodige befondsing lank voor die tyd te bekom. Die koste van hierdie kamp het R 75 646.66 beloop en was gratis vir almal wat saamgegaan het.

Die bestuurspan van die kamp het reeds begin om die verskillende kinders te ondersteun en gaan binnekort die skole besoek om die vordering van hulle beplande projekte te beoordeel en verdere leiding en raad te verskaf.

Amptelike stigting van Khai-Ma Besigheidsforum
Die Khai-Ma Besigheidsforum is op 12 Januarie 2012 gestig nadat die behoefte aan ‘n georganiseerde liggaam wat besigheidsbelange in Khai-Ma moet beskerm, gesien is.
Die inisiatief is geneem deur Mnre. Nico Jano en Theo Bezuidenhout en is begin met 11 besighede teenwoordig.
Die doel was hoofsaaklik om geleenthede binne die sonenergie projekte, waarvan niemand op daardie stadium bewus was nie, te ondersoek en ook om na besigheid geleenthede by Black Mountain myn te kyk. Sedert die interim periode is verskeie vergaderings met onder andere die sonkrag ontwikkelaars, Abengoa en Biotherm, Nersa, SatoHoldings, Samaf en verskeie ander instansies gehou om die behoefte te probeer bepaal vir dienste wat moontlik gelewer kan word en werksgeleenthede wat hieruit kan spruit. Op Saterdag 14 April is die Khai-Ma Besigheidsforum amptelik gestig en is die bestuur gekies. ‘n Grondwet is bespreek, verander, weer bespreek en uiteindelik goedgekeur deur die lede wat nou reeds op 68 staan.

Die forum se visie is om die sakesektor in die Khai-Ma munisipale gebied uit te bou tot ‘n toonaangewende ekonomie in die streek. Die forum is gestig om lede van diens en inligting te verskaf en as gemeenskaplike mondstuk sy lede te help met die verkryging van kontrakte, die totstandkoming van nuwe besighede en die uitbreiding van bestaande besighede. Dit het reeds ‘n algemene positiwiteit onder inwoners van die gebied te weeg gebring.

Die verhouding wat die tussentydste bestuur met die sonkrag ontwikkelaars gebou het, is iets spesiaals in die sin dat hulle direkte skakeling met die eienaars van die projekte het. Dit is iets waarop die nuwe bestuur van plan is om voort te bou, om maksimum voordele vir ons dorp en area daaruit te kry. Die Khai-Ma Besigheids- forum nooi almal in die streek uit om betrokke te raak by hierdie wonderlike vooruitgang geleentheid wat na ons streek gekom het in die vorm van die drie (3) sonkragprojekte.

Die Nuwe bestuur onderleiding van Mnr. Nico Jano het verskeie ondervinding en hul kundigheid kan net tot voordeel van die Khai-Ma munisipale area wees. Mnr. Nico Jano wat die vorige Ontwikkelings Bestuurder van Khai-Ma munisipaliteit was, asook ‘n ervare besigheidsplan skrywer wat verskeie nasionale besigheidsplan kompetisies al aan deel geneem het, Mnr. Joos Cloete wat ‘n projek bestuurder by die bou van die 2010 Sokker Stadion in (FNB) in Johannesburg was, met jare se siviele ingenieurs werk ondervinding. Mev. Anet Kleyn kom uit die gesondheid industrie, waar sy meer as 10 jaar in die Midde Ooste (Koeweit) as ‘n Hospitaal bestuurder gewerk het. Met die tipe ondervinding kan die besigheidsforum net vorentoe gaan.

Vir meer inligting, raad en bystand kan die kantoor besoek of geskakel word.

Gesinne kry grondeisgeld
Isaac Cloete – Vioolsdrift / Rooiwal

Op Saterdag, 21 April, het groot vreugde geheers by sommige huisgesinne in Vioolsdrift en Rooiwal, toe geld aan hulle beskikbaar gemaak is na ‘n suksesvolle grondeis.

Die verrigtinge het op die Vioolsdrift sokkerveld plaasgevind waar sowat 3000 mense teenwoordig was en lekker fees gevier was.

Sowat 2010 Khoi-San gesinne was destyds (na 1948) lelik ontwortel deur landswette en van hul grond, die Vioolsdrift-Suidgronde, beroof.

Tydens ‘n simboliese oorhandiging seremonie is aan sowat 70 huisgesinne geldelike vergoeding van meer as R3.8milj uitbetaal vir grond wat die vorige regime onwettig van die gesinne se voorouers en familie afgevat het.

Onder die wakende oog van ‘n groot polisiemag het verskeie amptenare van die Noord-Kaapse Streeks Grondeis Kommissie en hoog geplaastes, soos Norman Shushu (LUR:Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling) die verrigtinge op Vioolsdrift bygewoon.

Volgens Andrew Lawrence, ‘n amptenaar van die Noord-Kaapse Streeks Grondeis Kommissie het die feesvieringe goed afgeloop en was die mense net haastig om hul Absa kontantbewyse Maandag op Springbok te ontvang.

Maandag(23.04) en Dinsdag(24.04) het die bank een van die bedrywigste tye gehad toe die sowat R4 miljoen gewissel moes word. Bank kaarte moes ook aan die meeste van die begunstigdes uitgereik word.

Terwyl swaar gewapende polisie-beamptes die bus, waarmee hulle vervoer was en ingang van die bank bewaak het, kon die Vioolsdriwers en Rooiwallers hul “banksake” doen.

Volgens Willem Joseph (begunstigde) help dit nie dat hulle “dooie grond” ontvang nie.
“Die staat sal ons moet help om die grond te benut sodat ons vorentoe kan gaan. Ons soek kompensasie vir dekades se benadeling.”

As deel van fase een het elke huisgesin R54 650 ontvang. In verskeie gevalle moet dit nog onder ander begunstigdes verdeel word. Fase twee behels die herstel van weidingsgrond.

Die grondeis (±174 896.68ha) spruit uit historiese bewyse dat die Khoi-San groepe reeds vanaf die 1700 ‘s in
die gebied ter sprake (Vioolsdrift-Suidgronde) gewoon het, maar na 1948 deur die staat en blanke boere verdryf was.

Aanvanklik het die Steinkopf Grond Komitee ‘n eis in 1995 ingedien om die Vioolsdrift-Suidgronde terug te
Eis. Hierna is dit 3 Julie, 2009 in die Staatskoerant geproklameer.

R240 000 vir Aggeneys se eerste KANSA Relay for Life
Aggeneys het die afgelope naweek, op 3 Maart 2012, hul eerste KANSA Relay For Life aangebied en ‘n bedrag van meer as R240 000 ingesamel.  Dit was ‘n feestelike familie byeenkoms en deelnemers het gedetermineerd en gemotiveerd regdeur die nag om die baan gestap.  Daar het 25 spanne deelgeneem wat die hele gemeenskap verteenwoordig het.

Die dag is afgeskop om 16h00 deur ‘n ete vir die ‘survivors’.  Gaste is getrakteer deur ‘n plaaslike sanger, Will, en het motiveringspraatjies aangehoor van verskeie ‘survivors’ wat getuig het dat kanker nie ‘n doodsvonnis is nie, maar oorwin kan word.

Die aktiwiteite is daarna voortgesit op die rugbyveld waar die voorsitter van die Relay komitee, Anitha Queck, die Relay amptelik geopen het.  Die algemene mynbestuurder van Black Mountain, mnr. Nathan Williams het gesê alhoewel dit ‘n klein dorpie is, weet hy dat Aggeneysers groot harte het en nie skroom vir nuwe uitdagings nie.

Een van die groot trekpleisters vir die aand was die motivering spreker, Janie du Plessis, ‘n voormalige model en aktrise wat ook ‘n kanker oorwinnaar is.  Haar boodskap van hoop het gaste geïnspireer.
Tydens die Luminaria sessie is al die ligte afgeskakel en kerse is aangesteek sodat mense hul geliefdes kon herdenk wat die stryd teen kanker en ander siektes verloor het.  Ds Muller van Bergsig het die seremonie waargeneem en almal herinner dat ons anker in donker tye, God ons Vader is.

Verskeie kunstenaars het opgetree, onder meer One Step, Tommy Diergaard, Magda de Waal, Rinus Goosen en Real 4 Real.  Plaaslike talent het die Laerskool se Nama dansers ingesluit, wat die gehoor aan hul voete gehad het, pragtige Hip-hop dansers, Will en Busi, aanbiddingsdansers en die Hope 4 Life toneelgroep uit Pella.
Regdeur die aand is snaakse rondtes aangebied en deelnemers het in pajamas geparadeer, met snaakse hoede geloop, driebeenrondtes en eier en lepel resies gehardloop en hele rondtes om die baan gedans.  Die energieke NFM omroepers, Richie en Samantha het almal wakker gehou met hul uitgelatenheid, geesdrif en vrolike aanmoediging.  Almal kon smul aan heerlike braaivleis, potjiekos, vetkoeke, kerrie en rys, breyani, pannekoek en vele meer.
Dat Aggeneysers groot harte het, is bewys deurdat vier persone regdeur die nag gestap het!  Bernaded Basson het gesê sy doen dit om haar tannie wat aan maagkanker gesterf het, te herdenk en om die groep te ondersteun.  Eileen Van Wyk se suster is onlangs met borskanker gediagnoseer en die stappery was haar manier om dit te verwerk.  Cecile Grobbelaar het al drie familielede aan kanker afgestaan en vir hulle gestap, wat haar met haar helingsproses help.  Mario Cloete, wat ook ‘n nabye familielid en vriendin verloor het weens die gevreesde siekte, sê hy het aanhoudend gestap omdat dit vir ‘n saak is waarin hy glo en dat hy glo ‘n mens kan ‘n verskil maak in jou gemeenskap.

Die Relay se sukses kan volgens Sebastiaan Losper, Span Werwings voorsitter, ook toegeskryf word aan die toegewyde, gedrewe span kapteine wat hul spanne gemotiveer het.  Die wenspan, Young Professionals, het ‘n enorme bedrag van meer as R47 000 ingesamel met die ‘Shaft Exam’ span kort op hul hake, met ŉ bedrag van meer as R44 000!  Malikaah Salie van die Young Professionals het gesê dit is vir hulle ‘n voorreg om terug te ploeg in hulle gemeenskap.  Die fondse wat ingesamel is, word aangewend om KANSA in ons streek te help met bewusmaking, pasiënte te ondersteun en vir navorsing.
Die onder -voorsitter van die Relay komitee, Neville Richards, sê hulle wil graag die gemeenskap bemoedig met die Skrif wat sê dat jy nooit moet ophou om goed te doen nie.  “Die Relay gaan tog daaroor om ‘n boodskap van hoop te bring en die lewe te vier en ons kan dit net doen as die gemeenskap betrokke is.”
Ds Eddie Swartbooi, Streeksbestuurder van KANSA Namakwa sê: “ Die RELAY For Life in Aggeneys het alle verwagtinge oortref!  Die teiken wat bereik is, getuig van inbors en karakter in Aggeneys.  Ek wil graag die geleentheid gebruik om namens KANSA, Aggeneys se gemeenskap, Black Mountain se bestuur en die Relay komitee te bedank en ons waardering uit te spreek.  Ek wil hulle ook verseker dat KANSA ons deel gaan bring!  Dankie vir ‘n droom-geleentheid.”

Kreef en Musiek op Lambertsbaai
Lambertsbaai is in rep en roer vir die elfde jaarlikse Kreef fees wat dié naweek hiér plaasvind. Die fees word gekenmerk aan Weskus gasvryheid, die land se beste sangers, baie stalletjies en natuurlik genoeg KREEF!
Graça is een van die hoofborge en hul wyne rond die smaak van egte Weskus kreef perfek af. Jy het dus nog nie die Lambertsbaai Kreef fees beleef totdat jy kreef geëet en Graça wyn gedrink het nie. Die feesterrein is teenaan die see en die koel seebriese dra by tot die ontspanne feestelike atmosfeer.
Die hekke open Vrydag, 2 Maart om 10:00. Daar sal hope vermaak vir die kinders wees, wat ‘n spring kasteel, gesig verf, poppekas vertonings en inkleur kompetisies insluit. Die program in die markiestent skop af met ‘n opwindende Kreef idols kompetisie om 17:00. Vrydagaand tree Manie Jackson (18:00), Wicus van der Merwe (19:10) en Ray Dylan (20:20) tree op, gevolg deur ‘n regte boere opskop, op die dansvloer, saam met die dames boereorkes, die Kaapse Affodille!
Saterdag, 3 Maart open die hekke om 09:00. Om 10:00 is daar ‘n Mnr. & Mej. Kreef fees kompetisie en om 11:00 sal die Burgemeester van die Cederberg Munisipaliteit die fees amptelik open. Almal hou styf duim vas dat die weer saamspeel, want dan kan feesgangers ‘n vertoning deur die Silwer Valke te wagte wees!
Saterdag se sang vermaak sluit Giovanni (11:30), Karen Ferreira (12:40), George Longane (13:50), Andries Vermeulen (15:00), Ricus Nel (16:10), Valiant Swart (17:20) en die groot name, Arno Jordaan (18:30) en Nicholis Louw (19:40) in!
Om 20:50 neem Pieter Smith oor met sy kitaar en bekende Afrikaanse liedjies uit ons kinderjare. Die “all girl rock band”, Saarkie (22:00) en die pop/ rock groep, Frankie Fire (23:00) sal die jong klomp tot laataand vermaak.
Die Lambertsbaai Kreef fees se Sondag program is net so spesiaal.

Die Lambertsbaai Kreef fees is ‘n belangrike komponent van toerisme in Lambertsbaai en ook ‘n groot finansiële inspuiting vir behoeftige instansies van dié kusdorp, aangesien die wins aangewend word om hulle te help.