Orania Blog
Die natuurlike balansering van grondbesit in Suid-Afrika
Die gesprek oor grond is ‘n saak wat vir baie Afrikaners en veral boere naby aan die hart lê.  Vir baie gesinne verteenwoordig grond hul enkele grootste bate en bron van inkomste.
Grond is in ekonomie ‘n primêre produksiefaktor, wat beteken dat daar sonder grond ook nie ‘n ekonomie kan wees nie.
Ons huise en werksplekke word op en met grond gebou.  Grond definieer ons habitat.
Die grondvraag is die grondvraag.
Dit is daarom te verstane dat die repliek wat dr. Pieter Mulder op pres. Zuma se staatsrede gelewer het, veral met betrekking tot die president en die ANC se standpunt oor die beginsel van gewillige-koper-verkoper en die beweerde steel van grond deur wit mense, emosies opgejaag het en heelwat bespreking in die media tot gevolg gehad het.
Die spesifieke uittreksel van dr. Mulder se toespraak wat mense die harnas injaag lui as volg: “Die ANC praat graag van “Black people in general and Africans in particular.” Meneer, “Africans in particular” het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika gewoon nie. Die Bantoesprekendes het van die ewenaar af afbeweeg terwyl die wittes van die Kaap af op beweeg het om mekaar by die Keirivier te ontmoet. Daar is genoeg bewyse dat daar geen Bantoesprekendes in die Wes-Kaap en Noordwes Kaap gewees het nie. Hierdie gedeeltes beslaan 40% van Suid-Afrika se oppervlakte.”
Hoewel hierdie standpunt oor geskiedkundige meriete beskik en ook waardevol is in soverre dit die verdraaiing van die verlede deur die regering en die wat hoop om te regeer oopvlek, is die praktiese waarde daarvan in soverre dit die grondvraag betref, beperk.
Deur die geskiedenis en oor die ganse wêreld heen was daar nog altyd spanning tussen mense wat grond besit en mense wat grond begeer.
Selfs tydens die mensdom se nomadiese bestaan het daar gereeld konflik uitgebreek rondom skaars hulpbronne wat met grond verbind word (water, kos en skuiling).  Voeg by die mens se wanderlust die invloed van oorlogvoering en die wyse waarop dit mense verplaas en dit is eintlik nie verbasend nie dat min volke daarin slaag om ‘n spesifieke grondgebied vir baie lank te besit.
Engeland is sover vasgestel kan word aanvanklik deur die Kelte bewoon. In 43 VC het die Romeine onder leiding van Julius Caesar Engeland verower en vir 400 jaar beheer en beset.  Daarna het die Germaanse Angel-Saksers vanuit Europa Engeland beset.  In 1066 het die Franstalige Normandiërs daarin geslaag om die Engelse koning Harold by die slag van Hastings te verslaan wat die Engelse grond onder Franse beheer geplaas het.  Die Franse veroweraars het daarna oor ‘n tydperk geassimileer deur met die Angel-Saksers te ondertrou en hulle kulture het ineengevloei wat vir ons die Engelse van vandag bring.
Hierdie voorbeeld is maar ‘n mikrokosmos van soortgelyke gebeure wat oor die hele aardbol heen afgespeel het en steeds afspeel.  Die Baske was die eerste inwoners van Frankryk en Spanje, vandag het hulle nie eers onafhanklikheid nie.  Dieselfde geld vir die Aborigenes van Australië, die Serwiërs van Kosovo, die Duitsers van Koningsberg en Oos-Pruise, die Grieke van Konstantinopel en die Inkas van Kolombië.
Dit dui ook aan dat historiese aansprake op grond deur sogenaamde “eerste besetters” van nul en gener waarde is.
‘n Aanspraak op grond kan slegs in stand gehou word deur die aanspraakmaker se vermoë om daardie grond te verdedig teen die aansprake van ander aanspraakmakers.
Sekere kulture en lande het die beginsel van private eiendomsreg ontwikkel en in hierdie lande onderneem die staat om die aansprake van persone wat oor titelaktes van grond beskik, namens hulle te beskerm.  Hierdie beleid vorm ‘n hoeksteen vir suksesvolle ondernemerskap wat vir daardie lande relatiewe voorspoed gebring het in vergelyking met lande wat nie die beginsel van private eiendomsreg ingestel het nie.
Die lande wat wel die beginsel van private eiendomsreg erken en in stand hou verteenwoordig egter ‘n minderheid.  Selfs in Suid-Afrika het die beginsel van private eiendomsreg nie in die swart stamgebiede gegeld nie.
Waar die staat nie namens die titelhouer sy aanspraak op eiendom beskerm nie, soos wat volgens die retoriek van die ANC die rigting is waarheen Suid-Afrika al meer beweeg, is die titelhouer self verantwoordelik om sy titel te verdedig.  Daardie verdediging kan die vorm van hofgedinge aanneem en is suksesvol waar die hof die belang van die titelhouer vooropstel.  Die hof self kan egter ook ondermyn word soos wat in Zimbabwe gebeur het.
Effektiewe gemeenskapsbesetting van grond en die mobilisering van daardie gemeenskap vir die verdediging van daardie grond bly die mees basiese en ook mees effektiewe wyse waarop ‘n aanspraak op grond verdedig kan word.  Omdat ‘n meerderheid Engelse die Falkland-eilande beset en die Engelse tot vanuit Engeland in 1982 gemobiliseer het om hulle aanspraak op die Falkland-eilande te verdedig teen die aanspraak van Argentinië, kon die Engelse suksesvol eiendomsreg oor die Falkland-eilande behou.  Indien hulle dit nie kon doen nie, sou die Falkland-eilande vandag aan Argentinië behoort het en sou regeringsdienste daar slegs in Spaans beskikbaar wees.
Die wyse waarop die Palestyne in die Wesoewer en in die Gazastrook daarin slaag om hul grond te behou bevestig ook die waarde van meerderheidsbesetting.
Die gebrek aan ‘n konsentrasie van Afrikaners wat deur hul getalleoorwig beheer oor landbou, residensiële-, kommersiële- en industriëlegrond kan uitoefen, stel Afrikaners afhanklik van die Suid-Afrikaanse staat en sy howe om hulle aanspraak op daardie grond te verdedig.
Namate die Nasionale Demokratiese Rewolusie deur die ANC tot uitvoering gebring word, blyk die vertroue van Afrikaners op die staat en sy howe op sand gebou te wees.
Die reg wat die ANC bekom het om die Nasionale Demokratiese Revolusie tot volle uitvoering te bring word deur die mandaat wat hulle van die meerderheid kiesers van Suid-Afrika ontvang gelegitimiseer.  Die behoefte van die ANC om die meerderheid grond aan swart Afrikane oor te dra kan weens die mag en invloed van die ANC nie ligtelik opgeneem word nie.  Dit kan ook nie weggewens word nie.
Daarom is dit onvermydelik dat Afrikaners se grondbesit deur kragte buite ons beheer ingeperk gaan word tot dit wat ons as meerderhede beset en deur ons gemeenskappe kan beskerm.  Hierdie is ‘n terugkeer na die natuurlike toestand.  ‘n Toestand wat oral in die wêreld en reg deur die geskiedenis geld.  Dit is ‘n toestand van balans waarna toe teruggekeer word.  ‘n Balans wat slegs tydelik deur apartheid op onnatuurlike wyse versteur kon word.
Dit is belangrik dat grondeienaars met hoop en ‘n weldeurdagte strategie die toekoms tegemoet gaan.  Die middele tot hul beskikking, insluitend die howe, moet optimaal benut word, maar daar moenie enige wanopvattings rakende hierdie proses wees nie.
Die grondleggers van Orania het reeds in die 1960’s hierdie onafwendbare balansering van grondbesit in Suid-Afrika in die vooruitsig gestel.  Daarom bied die Orania-model van meerderheidsbesetting van grond deur eie arbeid vir Afrikaners ‘n ligpunt aan die einde van die tonnel.
Orania is egter nog klein.  Ondersteun Orania vandag, want u gaan Orania se steun in die toekoms benodig.
Twee briewe in die Irish Times
Anniversary of Boer War
Sir, – I refer to Anthony Jordan’s letter (January 16th), regarding the “anniversary of the Boer War”. The centenary of the Treaty of Vereeniging on May 31st this year marks the end of the Second Anglo-Boer War 1899-1902.
He mentions the Royal Dublin Fusiliers. They only got the “Royal” added to their regimental title after the hammering they took at the Battle of Colenso where the Transvaal Irish Brigade were on the opposing side.
The Commonwealth Graves Commission maintains the graves of those British soldiers who died in that and all wars.
Those Irish who fought and died on the side of the Boers are commemorated by a monument that used to stand in the suburb of Brixton in Johannesburg. It was erected by money subscribed by people of Irish birth or descent and also subscriptions from the South African and, I think, the Irish governments. The plaque was inscribed in Irish and Afrikaans.
Sometime after 1994 it was removed to the all Afrikaner town of Orania in the Northern Cape Province, where it is in a place of honour. – Yours, etc,
BRIAN P Ó CINNÉIDE,
Essenwood Road,
Durban, South Africa.
A chara, – In response to Colin Blake’s letter (January 7th), regarding the 110th anniversary of the Anglo-Boer War, I wish to point out that many Irish soldiers died on both sides of that war. Three regiments of Irish soldiers fought on the side of the Boers against the British.
It would also be remiss of me to allow the suggestion that those Irishmen who fought on the side of the British should be recognised, supposedly for bravery, fighting an army of farmers, much smaller in numbers to the British army. The main reason the British won that war was because they burned and pillaged the farms of the Boers, slaughtered their animals, and kidnapped their women and children, whom they put into concentration camps, where 30,000 of them died from disease and hunger. The Boers surrendered in order to save the remainder of their women and children.
These figures do not include the thousands of black people were also put into concentration camps and who also died in these camps at the hands of the British. Is this a legacy that we should be proud off? I would go so far as to suggest that that the Fusiliers Arch in St Stephen’s Green should be removed with immediate effect so that we do not give credence to the belief that we commemorate or support the murder of innocent women and children by any so-called Irish man, either at home or abroad.
Perhaps it should be replaced by a memorial to the Irish Pro-Boers!
It may also be of interest for your readers to know that a memorial to the Irish pro-Boer soldiers had been erected in Boxburg, near Johannesburg. Subsequent to 1994, it was due to be destroyed by the ANC. It is now to be found on a hilltop overlooking Orania in the Northern Cape, in a place where the Irish are considered as heroes and will always be welcome. – Is mise,
NIALL Mac AIBAICIN,
Milford, Co Donegal.
Agterhoedgevegte of die Groot Idee?
Al vir dekades heers daar in Afrikanergeledere spanning tussen diegene wat ‘n mens as pragmatiste kan beskou en dié wat idealiste genoem kan word. Dan is daar nog diegene wat glad nie in volkskap en identiteit belang stel nie en net toevallig Afrikaners is en hulleself eerder iets anders noem. Hierdie groepering streef gewoonlik net na meer van die materiële en lewe asof daar geen toekoms en geen nageslag is nie. Van hulle praat ons nie eers nie.
Die pragmatiste is tipies diegene wat wel Afrikaners wil wees en wil bly, maar wat met die werklikheid werk en dit as onveranderlik beskou. Dit is tipies die Afrikaners wat die Nasionale Party in sy laaste jare oorheers het.
Swart magsoorname in ‘n verenigde Suid-Afrika is as onvermydelik beskou en die Afrikaners moes daarbinne opereer en die maksimum voordele bly behou. Die groot idee, destyds apartheid, is opgegee in die hoop om die voordele daarvan soos eie skole, eie woonbuurte, kultuurorganisasies, veiligheid en ‘n skoon omgewing – kortom die voortsetting van die Afrikaner-leefwyse en leefstyl – te kan behou.
Die idealiste was nog altyd die minderheid van die Afrikaners: hulle glo aan die groot idee. In die beginjare van die Unie van Suid-Afrika was die groot idee die herwinning van die Afrikaner se vryheid na die totale neerlaag van die Tweede Vryheidsoorlog. Dit moes bereik word deur eers weer Afrikanertrots te laat herleef en om te keer dat die Afrikaner verengels. Die standaardisering van Afrikaans as inheemse en nasionale taal van die Afrikaner was daarmee saam ‘n belangrike instrument. Later het apartheid soos veral deur Hendrik Verwoerd verkondig, die groot idee geword wat aan almal sou reg laat geskied. Afrikaners (en ander blankes) se minderheidsposisie sou beveilig word en gelyktydig sou swartmense hulle ten volle kon ontwikkel.
Namate apartheid nie meer ‘n regverdigbare groot ideaal was nie, maar ‘n toenemend onverdedigbare en selfs lelike ideologie van meerderwaardigheid en permanente onderdrukking geword het, het die idealiste die stig van ‘n eie Afrikanerstaat met eie arbeid as die groot ideaal aangegryp en daarvoor begin steun werf. SABRA, die Oranjewerkers en later Volkswag en die Afrikanervryheidstigting het uit die idealiste ontstaan. Die idealiste was egter altyd ‘n minderheid, selfs binne behoudende en vryheidsgesinde partye soos die KP en later die VF+.
Die idealiste het eweneens geweet dat uiteindelike swart magsoorname ‘n gegewe is, maar anders as die pragmatiste was hulle nie bereid om te glo dat dit die einde van Afrikanerselfbeskikking beteken en dat slegs nog agterhoedegevegte oor die klein dinge gevoer moet word nie.
Die idealiste staan in die tradisie van die Boerehelde soos De Wet, De la Rey en Hertzog, wat ook na die verpletterende neerlaag in die Tweede Vryheidsoorlog geglo het en gewerk het aan die herstel van die Afrikaner se vryheid, en nie, soos Smuts en Botha, Britse oppergesag aanvaar het en die beste vir die Afrikaner daaronder wou beding deur so aanpasbaar as moontlik te wees nie.
Die pragmatiste het wel ‘n punt en hulle benadering kan nie sonder meer afgeskiet word nie. Hulle bereik van tyd tot tyd oorwinnings, soos die haatspraak-uitspraak teen Julius Malema, die uitstel van pleknaamveranderings of die behoud van ‘n Afrikaanse skool, meesal deur ‘n kombinasie van regsaksies en die gebruik van die grondwet en betogings en petisies wat simpatiek deur die media gedek word. Hierdie suksesse gee mense weer hoop en maak hulle lewensomstandighede vir ‘n ruk weer draagliker. Die redenasie van die pragmatiste is gewoonlik dat die ideaal van selfbeskikking goed en wel is, maar dat dit min met mense se werklike probleem en bekommernisse te make het en dat hulle nou, en daar waar hulle woon, gehelp moet word. ‘n Mens kan egter ook sê dat  die pragmatiste agterhoedgevegte veg en aan Afrikaners ‘n fopspeen gee.
Die pragmatiese benadering sonder om die groot ideaal in gedagte te hou beteken egter min. Die blankes in Zimbabwe was pragmaties: hulle het besigheid gedoen, geboer, die land opgebou en in stand gehou, hulle uit die politiek uit gehou en voortgegaan met hulle klubs en gesellighede. Dit alles het nie verhoed dat hulle grond gevat en hulle verdryf of vermoor is, of ‘n armoedige bestaan moes voer omdat die ekonomie geruïneer is nie.
Die groot idee alleen sonder die vermoë om dit uit te voer beteken egter ook min: al vir dekades ontwerp sekere idealiste kaarte en grondwette van Afrikanerstate maar het nog steeds geen plek opgebou waar dit in praktyk werk nie.
Wat ons moet doen is om die twee benaderings te trou as pragmatiese idealisme: Die ideaal wys die weg. Die uitvoering is egter pragmaties solank die doel nooit uit die oog verloor word nie. Met die benadering van pragmatiese idealisme kan ons byvoorbeeld sê dat ons vir die oomblik tevrede is om slegs een dorp as groeipunt uit te bou want ons kapasiteit vir meer ontbreek tans nog. Maar ons moet nooit so pragmaties raak dat ons sê een dorp is vir ons genoeg en ons aanvaar vir altyd die vreemde bewind oor ons nie!
Pragmatisme wat die strewe vir vryheid en ‘n eie land uitskakel en slegs versagting van die permanente onderhorigheid probeer bewerkstellig beteken min. Idealisme wat nooit tot die daad oorgaan en wat weens suiwerheid net met niemand kan saamwerk nie, beteken egter nog minder.
Die idealisme wat ons voorstaan is die idealisme van die daad. Sien die goue toekoms op die horison, en bou die pad daarheen nou.
Grootste groeijaar nog vir Orania
Orania se twintigste bestaansjaar was nie net ‘n geleentheid om dit wat die afgelope twee dekades hier langs die Oranjerivier in die Bo-Karoo vermag is te herdenk nie, maar was ook ‘n historiese jaar van groei en ontwikkeling.
Orania se strategie om groter selfbeskikking vir die Afrikaner aan die suidpunt van Afrika  te verseker is een een van geduld, harde werk, deursettingsvermoë, opofferings en nuutskepping. Terwyl baie Afrikaners graag selfbeskikking in hul eie woonbuurte sou wou hê, het die Orania-ideeal lank reeds bepaal dat die demografiese werklikheid van Suid-Afrika ons sal dwing om nuut te begin in ‘n deel van die land met ‘n klein bevolking.
Die afgelope twintig jaar is daar bewys dat Orania nie net ‘n droom is nie, maar dat die droom stadig maar seker verwesenlik kan word. Daar is nuwe instellings geskep waaroor ons self beheer het, arbeid is slegs deur Afrikaners gelewer (iets waaraan Afrikaners nie gewoond was nie en wat vir lank ons toekomssekerheid ondermyn het) en ons eie grond is stukkie vir stukkie aangekoop en ontwikkel om vir meer en meer Afrikaners ‘n tuiste te kon verseker.
Vandag het Orania beheer oor sy eie grond, instellings en arbeidsvermoë – drie dinge wat nie twintig jaar gelede die geval was nie. Orania se instellings word al sterker en die Orania Dorpsraad het gedurende 2011 sy vermoë drasties uitgebrei om dienste aan ‘n groterwordende Orania te lewer. Dieselfde geld vir Orania se skole, museums, maatskaplike organisasies en ander instellings.
Wat arbeid betref het Orania vandag ‘n groot en sterk Afrikanerarbeidkorps wat alles doen wat ons gemeenskap nodig het, insluitende landbouaktiwiteite, huise bou, munisipale infrastruktuurontwikkeling en produktevervaardiging.
Dit is egter ook nodig om Orania se grondgebied uit te brei. Sedert die dorp van sowat 380 hektaar in 1991 aangekoop is, is ‘n paar nuwe plase bygekoop en staan Orania se grondgebied vandag op meer as 7000 hektaar. Dan is daar ook toenemend boere in die omgewing wat met Orania en sy ideale assosieer.
Gedurende 2011 het Orania se grondgebied potensieel nog verder uitgebrei met die pragtige Vluytjeskraal-Noordplaas wat aangekoop is. Dié plaas, wat direk noord van Orania geleë is, vergroot Orania se landbougrond, maar skep ook geleenthede vir nuwe oewer- en ander residensiële ontwikkelings. Meer as 150 nuwe erwe word op die grond beplan, terwyl die bestaande landbouaktiwiteite nie versteur word nie en normaalweg voortgaan.
Erwe word beplan op die oewer van die Oranjerivier, op grond aangrensend aan die Orania Oewerpark en aan die voet van die pragtige koppie wat ‘n baken in die omgewing is. Die pragtige koppie word al lankal die Orania-koppie genoem, hoewel dit nou vir die eerste keer aan Orania sal behoort.
Nog ‘n groep ondersteuners van Orania het ook ‘n stuk grond van meer as 2000 hektaar aan die Weskus bekom. Die idee is om die grond ook by Orania te laat inskakel.
Drie inwoners van Orania het onlangs ‘n aansoek ingedien om drie kleinhoewes oos van Orania by die aandeleblokmaatskappy te laat inlyf met die doel om ‘n residensiële ontwikkeling op die grond te doen. ‘n Pragtige wildpark met wooneenhede word beplan.
Nog twee mooi ontwikkelings word tans naby die Oranjerivier beplan en erwe sal reeds gedurende 2012 beskikbaar wees. Meer as 40 nuwe erwe sal ook binnekort by Kleingeluk ontwikkel word.
Die totale aantal nuwe erwe wat tans in Orania ontwikkel word en binnekort ontwikkel gaan word, is meer as die aantal erwe wat tans in die dorp bewoon word. Dit is tekenend van die geweldige vraag na goeie erwe vir mense wat graag Orania toe wil trek of vakansieverblyf hier wil ontwikkel.
Die afgelope jaar was ‘n jaar van ongelooflike groei vir Orania. Terwyl Orania se grondgebied uitbrei, is sy instellings sterker as ooit vantevore en slaag ons daarin om deur die gebruik van ons eie arbeid ons droom van meerderheidsbesetting moontlik te maak.
Waar lê die balans tussen vryheid van uitdrukking en haatspraak?
(Na aanleiding van ‘n bydrae tot ‘n openbare debat deur die Menseregtekommissie in Kimberley, Noord-Kaap)
Hoekom is Afrikaners so gevoelig vir haatspraak?  Is dit aan ‘n onderontwikkelde sin vir die vryheid van uitdrukking toe te skryf?  Of aan die publisiteit wat burgerregte aktiviste daaraan gegee kry?  Dit is die soort vooroordele waarmee mens te kampe het as jy van Orania kom en aan ‘n debat oor die balans tussen vryheid van uitdrukking en haatspraak deelneem.  ‘n Debat wat oorheers word deur wetsgeleerdes aan die een kant en moraliste aan die ander.
Die een wil groot probleme klein kan maak deur hulle klinkklare definisies en die verbinding van hierdie reg met daardie wet met nog ‘n beginsel gestaaf deur so-en-so uitspraak.  Net jammer dat die werklikheid nie altyd in sulke kanne en kruike pas nie en dat wette meer dikwels deur die werklikheid met inhoud gevul word as andersom.  Die ander wil die sondes van die vaders saam met hulle begrawe deur slegte woorde en lelike gedagtes vir eens en vir altyd uit die volksgemoed te verban, maar hulle staan netso onmagtig voor die werklikheid as diegene wat dit met wette wil verander.
Maar hoekom ís ons so gevoelig?  Omdat Afrikaners hulle in ‘n besonder kwesbare posisie bevind.  Ons kan beskryf word as ‘n voorheen dominante, hoogs sigbare minderheid wat versprei is oor die hele Suid-Afrika – ‘n gevaarlike posisie as die tans dominante swart meerderheid vrye teuels aan hulle wrewel sou gee en die verlede vir hulle misstande sou verwyt.  En dit kan maklik gebeur.
As daar ‘n verband te trek is tussen wat mense sê en wat hulle doen – en dit is tog ‘n logiese veronderstelling om van uit te gaan, dan kan daar geen balans tussen vryheid van uitdrukking en haatspraak te vinde wees nie.  Vryheid van uitdrukking moet beoefen word, maar haatspraak nie.  Die vraag is dus wat haatspraak voed en hoe ‘n samelewing moet lyk waarin die begeerte om publieke haatspraak te beoefen, afwesig sou wees.  Niks minder as dit behoort tog iemand soos die Menseregtekommissie se ambisie te wees nie.
Terwyl haatspraak om baie redes en met allerlei bedoelings verkondig kan word, vind dit inslag waar onsekerheid en frustrasie die botoon voer.  Maar beide onsekerheid en frustrasie is makliker om raak te sien as om uit die weg te ruim.  Uit ‘n menseregte oogpunt roep dit dadelik ekonomiese en maatskaplike regte op, maar ek twyfel of dit hoegenaamd ‘n vrugbare weg is om te probeer volg.  Om te verwag dat die hele bevolking se materiële behoeftes eers bevredig moet wees voordat Suid-Afrika van haatspraak bevry sal wees, is nie net ‘n moedelose nie, maar ook ‘n ontmagtigende gedagte.
Menseregte oor die algemeen, maar ekonomiese regte spesifiek, voed meestal ‘n kultuur van slagofferskap en ‘n verwagting dat die regering jou regte sal waarborg eerder as ‘n kultuur van selfstandigheid.  Die sentrale plek wat die regering in dié opset inneem, gaan saam met die vernietiging van tussenvlakke tussen die staat en die individu, van gemeenskappe en gemeenskapsinstellings met behulp waarvan mense hulleself kan help.
In soverre die beklemtoning van regte hoegenaamd die individu bemagtig, ontstaan die konflik waarvan haatspraak deel is nie op ‘n individuele vlak nie, maar juis tussen groepe en gemeenskappe.  Hoewel die kwessie van menswaardigheid, wat menseregte onderlê, ongetwyfeld van groot belang is, is dit ‘n ander grondliggende begrip wat hier van groter belang is, naamlik erkenning.  Erkenning open ‘n positiewe uitsig op die individu se konteks, op sy of haar gemeenskap en die verhoudinge van gemeenskappe met mekaar.
In Orania is ons van mening dat florerende gemeenskappe in onderlinge erkenning die moontlikheid inhou om haatspraak oorbodig te maak.  Maar wederkerige erkenning is nie net die vrug van goeie gesindhede nie, dit is te danke aan ‘n voldoende en realistiese magsbalans, iets wat op sy beurt te danke is aan elke gemeenskap se ervaring van ‘n waardige en veilige plek in die wêreld te hê.
Daar is dus strukturele en sistemiese voorwaardes waaraan voldoen moet word om haatspraak oorbodig te maak, voorwaardes waaraan die riglyn van erkenning, danksy die tweerigting-aard daarvan, ons kan help om te voldoen.  Daarin is dit maklik om aansluiting te vind by die sleutelbegrippe waarmee die Menseregtekommissie ook werk, naamlik waardigheid, gelykheid en vryheid – gegewe dat vryheid met erkenning verbind word en nie tot die eendimensionele vryheid van die individu beperk word nie.
Maar waar lê die knoop?  By die strukture en sisteme van die soort staat wat Suid-Afrika tans probeer wees.  Dit is ‘n 19e eeuse nasiestaat, ten diepste sentralisties en by verstek mono-kultureel, al word die teendeel met die mond bely.  Daarom dat nasiebou so ‘n sentrale plek inneem en plaaslike gemeenskappe ewe vrolik aan die erosie van welsynstoelae onderwerp word terwyl die bronne van selfstandigheid, soos etniese identiteit en ‘n sin vir lotsverbondehied verdag gemaak word.
Daarom dat Orania sy bes doen om ‘n funksionele en selfstandige gemeenskap te wees, sy kinders met ‘n sin vir hulle herkoms en geskiedenis probeer toerus en die toekoms met vryheid as leidster tegemoet wil gaan.  Ons dink dat meer sulke gemeenskappe Suid-Afrika net sal verryk en die behoefte aan haatspraak sal laat afneem. En ons soek vennote met die oog daarop.
Malema, nes Terre’Blanche, maak ‘n karikatuur van sy mense
As daar een persoon is wat blankes in Suid-Afrika koue rillings gee en hulle emosies opjaag, dan is dit Julius Malema, gunstelingvyand van die meningsvormers en liberale media (is daar enige ander media?) asook van Jan Alleman en die Saterdagmiddagbraaivleis- en politieke praatjies.
Niemand moet Malema en dit waarvoor hy staan, onderskat nie. Die kyk na die res van Afrika leer juis dat ‘n blanke minderheid nie onbeperk die grootste deel van ‘n land se ekonomiese bates kan besit nie, al het hulle dit deur eie arbeid en heeltemal wettig verkry. Die kommunistiese logika van “Ubuntu” en die Afrika-manier om alles as behorende aan almal te beskou is net te sterk.
Malema kan môre sterf en dit sal dinge nie verander nie. Sy voorgangers in die ANC-jeugliga het basies dieselfde goed gesê as hy, net op ‘n onverstaanbare wyse en met pretensieuse pseudo-marxistiese formulerings, terwyl Malema nog beter die taal van die eenvoudiges en agtergeblewenes praat.  Waar daar ‘n hoop gepeupel is, sal daar ‘n voorbok opstaan.
Dit is egter nie die punt nie. Die punt is dat Malema en sy soort eintlik hulle eie stryd bemoeilik en ons ‘n guns doen. Ek verwys nie na die effek wat radikale swart nasionalisme op die hernieude oplewing van Afrikaner-nasionalisme het nie, of na die stoot-faktor wat Orania skielik ‘n alternatief maak nie.
Ek verwys na die stereotipering van swartmense wat Malema onbedoeld bereik en veral die veranderde waarneming in die nie-Afrikaanse kringe en veral die buiteland. Na 1994 was dit onmoontlik om ons saak, dat ons vry wil wees van ‘n swart bewind wat alles doen wat in stryd met ons oortuigings is, te stel. Nelson Mandela het juis dit verteenwoordig wat die buiteland graag as die (enigste) Afrika-suksesverhaal wou sien: ‘n sjarmante, gematigde leier wat presies die beeld van die “goeie swartman” verteenwoordig, wat al die regte goed sê, wat by niemand aggressie wakker maak nie, wat versoening preek en met knipoog en laggend gemeenplase uiter wat as tydlose wysheid in die geskiedenis ingaan. Eenvoudig niemand, ook nie die verteenwoordigers van Afrikaner-belange, kon sy sjarme en sy kamstige morele hoë grond ontsnap nie. Enige poging om Mandela as iemand met ‘n terroristiese verlede en bloed aan sy hande daar te stel was van die begin af gedoem. Dit was nie toevallig nie dat die volkstaatstrewe en sy momentum voor  die 1994-verkiesing daarna soos mis voor die son verdwyn het in die algemene waarneming.
Julius Malema verteenwoordig die anti-Mandela en is tans die maklikste argument vir selfbeskikking: haatdraende, kru, ongesofistikeerde en ongekultiveerde geraasmaker, die stout en ongemanierde seun teenoor die “goeie oupa” Mandela. Juis dit maak hom die held by sy volgelinge. Malema maak van sy eie mense ‘n karikatuur en doen die saak van swart bevryding eintlik skade aan, selfs al mobiliseer hy groot getalle en lig die griewe van die armes.
Niemand in die buiteland kon verstaan hoekom ons nie deur ‘n ander volk (in hierdie geval, die swartmense van Suid-Afrika) regeer wil word nie as die verteenwoordiger die ikoniese Nelson Mandela is. Dit het soos rassisme voorgekom om nie deur ‘n wyse en gematigde leier regeer te wil word nie net omdat hy swart is. Enige poging om te verduidelik dat Mandela net ‘n seremoniële hoof is en die politiek deur meer radikale persone soos Mbeki bedryf word, of dat ons as volk ook nie deur ander blankes regeer wil word nie, was futiel.
Met Malema as die sigbaarste verteenwoordiger van die swartmense word ons saak skielik geloofwaardig. Selfs liberale Europeërs, wat swartmense per se as inherent goed aansien, ys as hulle Malema se lyftaal sien en sy uitsprake hoor. Selfs hulle wil nie deur iemand soos Malema regeer word nie en selfs hulle begryp dat “kill the Boer” en “vat alles wat die witmense s’n is” nie metaforiese en folkloristiese Afrika-sêgoed is nie.
Malema is besig om die tonne goeie gesindheid en simpatie wat ‘n Mandela en die hartseer verhaal van “300 jaar se onderdrukking” geskep het, vinnig uit te put. Dit is selfs vir optimiste moeilik om nog te glo dat Suid-Afrika die een uitsondering op die reël van Afrika-mislukking is.
Soos wat Malema besig is om die morele hoë grond van swart bevryding te laat verbrokkel, so vorder swart bevryding as regverdigbare saak agteruit. President Zuma is nie die regte persoon om dit te stop nie en sukkel ook maar met ‘n negatiewe beeld, terwyl Mandela homself uit die openbaar onttrek het.
Afrikaners moet egter nie te vroeg juig nie. Dit is nie goed genoeg dat jou vyand flaters begaan nie. Jy moet ook iets doen om self die morele hoë grond te beset. Ongelukkig het ons nog steeds ‘n groot agterstand wat ons beeld betref, weens baie suksesvolle propaganda van ons talle vyande, maar ook weens ons eie foute. Net soos Mandela se lig nog steeds skyn en nie ten volle deur ‘n Malema uitgedoof kan word nie, net so sukkel ons nog steeds met die beeld van die “lelike Afrikaner” wat deur persone soos Terre’Blanche, te reg of te onreg, oor jare gevorm is. Dit is nog steeds verbasend hoeveel buitelanders, selfs joernaliste wat eintlik op hoogte van die nuus behoort te wees, die Afrikaner net in terme van die stereotipiese “AWB-bebaarde-boepens-rassis” sien en glo dat die AWB ‘n magtige organisasie is.
Organisasies soos AfriForum en Solidariteit, in ‘n mate die VF+ (wat egter nog steeds as gebore uit die regse voor 1994-bewegings gesien word) en ook die Orania Beweging en die nuwe FAK, en leiersfigure soos Flip Buys, Kallie Kriel, Pieter Mulder en Carel Boshoff (iv) help om die negatiewe beeld te breek. ‘n Afrikaanse Mandela-figuur sien ek egter nie en geen wit persoon kan daardie emosies van jammerkry gemeng met bewondering wat ‘n charismatiese persoon soos Mandela of Obama by die buitelanders wakker maak nie, tans weergee nie. ‘n Leier met die ou boodskappe, met kwasi-fascistiese optrede, opruiende toesprake en rassistiese en Nazi-simpatieë is die laaste ding wat ons nou nodig het.
Dit is beter om geen leier te hê nie as een wat jou in die afgrond lei, óf deur verraad, óf deur uitsprake en optrede wat ‘n verleentheid vir sy volk raak. Ons het genoeg goeie mense wat leiers op hulle terreine is, organisasies wat in die regte rigting werk en ‘n ideaal wat ons saamsnoer.
Jong Leeus
Wanneer mens dorpe soos Stellenbosch, Swellendam en Graaff-Reinet besoek, let jy op dat iets besonders in suidelike Afrika gebeur het gedurende die 17de en 18de eeue. Die geboorte van ’n nuwe volk word nie net versinnebeeld deur die skepping van ’n nuwe taal en kultuur nie maar ook tasbare en sigbare werklikhede soos nuwe monumente, geboue en selfs dorpe.
Waar daar vroeër niks was nie, is daar nou iets wat ons herinner aan mense wat eeue voor ons gelewe het. Mense wat ook uitdagings moes oorkom in hul stryd om oorlewing in ons pragtige, maar donker kontinent. Hul intelligente besluite en harde werk het immers vooruitgang vir die nageslag moontlik gemaak. Wanneer ’n mens besef dat jy ’n afstammeling van hierdie mense is dan weet jy dat jy  ook deel is van ’n storie wat nooit geskryf sou wees indien elke generasie wat voor jou gelewe het nie verantwoordelikheid vir sy eie tyd geneem het nie.
Wanneer jou gedagtes verder wandel dan tref dit jou dat hierdie einste voorvaders van jou dapper helde opgelewer het waaroor vandag nog gepraat en gesing word. Jy kan die storie inkleur met ware karakters soos o.a. Jan van Riebeeck, Andries Pretorius, Marthinus Steyn, Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, Barry Hertzog, Hendrik Verwoerd en Carel Boshoff. Elkeen van hierdie mense het twee dinge in gemeen: hulle is deel van die heldedom waarmee Afrikaners identifiseer en hulle het verantwoordelikheid vir hul eie tyd geneem. Is hulle nie juis deel van die Afrikanervolk se heldedom omrede hulle verantwoordelikheid vir hul eie tyd geneem het nie?
Iets besonders is in die 21ste eeu weer besig om in suidelike Afrika plaas te vind. Te midde van die ‘scramble out of Africa’ staan die kern van een besonderse volk rotsvas in die grond waarop die grootste hoofstukke van sy bestaan geskryf is. Eerder as om te vlug of om hul taal, kultuur, erfenis, geloof en heldedom op die altaar van nasiebou te offer, swem hierdie kern stroomop in ’n tyd wat daar doelbewus afstand geneem word van volkstrots, tradisie en selfs Christenskap.
Weereens kom ons in aanraking met tasbare en sigbare werklikhede. Nuwe monumente, kerke, skole en selfs dorpe word gebou. ’n Dawerende kreet word in die steen en sement van hierdie werklikhede opgesluit: DIE AFRIKANER SAL NOOIT OPGEE NIE! Hoe vinniger diegene wat ons smaad dit verstaan, hoe beter vir hulle.
Wanneer mens ’n dorp soos Orania besoek sal jy oplet dat die Afrikaner onder geen omstandighede ses voet onder is nie. Geen volk wat besig is om uit te sterf bou nuwe skole waarin sy moedertaal bevorder word nie, bou nuwe kerke waaruit die geloof waaraan ons almal van kindsbeen gekoppel is verkondig word nie en rig nuwe monumente en standbeelde van sy heldedom op nie. ’n Volk wat lewe doen al hierdie dinge – en wat meer is, hy doen dit met sy eie arbeid want hy kán!
’n Beroep word vandag op die Afrikanerjeug gedoen om op te staan en saam te bou aan die toekoms van ons mense. Elke jongman en -vrou wat voel dat daar nie vir hom of haar plek in Afrika is nie, voel so omdat hulle nog nie verantwoordelikheid vir hul eie tyd geneem het nie. Dis die skole, kerke,  volksmedia en -organisasies se plig om vandag vir die Afrikanerjeug ’n gemeenskaplike toekomsvisie te gee. Indien hulle nie bereid is om uiting te gee aan hierdie plig nie dan gaan hulle tot orde geroep word en sal die elemente wat nie in staat is om die beste belange van die Afrikaner te bevorder nie eenvoudig en eenparig vervang word met mense wat kan.
Ware leiers kan nou gerus na vore tree en hulself skaar by die groeiende kern wat vanuit Orania besig is om tasbare en sigbare werklikhede van nuuts uit die grond uit op te bou. Dis hoe ons onsself op vreedsame, volhoubare en intelligente wyse van ’n toekoms verseker – ons doen dit uit liefde en respek vir ons eie, nie uit haat of vrees vir ander nie. Wees maar seker dat met sterk leierskap en ’n eendragtige toekomsvisie die jong Afrikaner daarbuite ’n impak sal maak wat kristalhelder deur die eeue gaan weergalm.
Laat die nageslag ons ken as die generasie jong leeus wat verset teen ongeregtigheid gebied het en ’n werklikheid van ons onstuitbare drang vir vryheid in ons eie tyd gemaak het.
Quintin Diederichs
VF Plus NK Jeugleier
Laaste deel van Aaron Kahland se toespraak
Die laaste deel van Aaron Kahland se toespraak is per abuis met die vorige plasing weggelaat. Hier volg dit:
If the right to political secession is the finest political tradition in Western Civilization then it is no exaggeration to acknowledge that the Great Trek, an example of peaceful secession through migration, is one of the greatest of them all.
But if peaceful secession is our civilization’s finest political tradition then so too we must acknowledge that Empire, ruling over others who do not wish to be dictated to, is also morally unjustifiable.
In today’s South Africa, it is the ANC who have inherited the Empire.  Their constant talk of themselves as a liberation movement echoes the empty propaganda of the British Empire in crying injustice at the treatment of the Uitlanders and blacks living within the Boer republics.  As soon as they assume power, their motives become clear – enriching themselves economically through political means.  Their talk of righting the wrongs of Apartheid and their active discrimination against the Afrikaner minority are only convenient distractions from their true intentions.  Their project, like that of the British before them, is doomed to failure.
So where does that leave today’s Afrikaner?  Many have chosen to secede from South Africa through migration.  But I feel strongly that it is secession through migration within Africa that offers the best hope for the Afrikaner.  To once again take the trek that Piet Retief and others took, to build a new home that offers the best chance of reviving the ancient Boer ideals of freedom.
Recently in Germany, I bought this postcard.  It is dated the 10th of March, 1902, only weeks away from the end of hostilities with the British.  It shows German volunteers fighting for the Boer republics and the motto of the unit is showing as,
Wir kämpfen nicht um Ruhm und nicht um Ehre,
Wir kämpfen nicht um gold und Edelstein,
Wir kämpfen nur um heimath, Weib und Kinder
Und um die Freiheit nur allein.
I think these words are a good description of the historical quest for the Boer’s quest for freedom which today is best exemplified in the this little town we find ourselves in today.  Boer freedom to be achieved through a sovereign homeland is a worthy cause and I am proud to be a little part of it.  Thank you very much.
Speech delivered by Aaron Kahland at Orania Burgervergadering
By Aaron Kahland, ambassador of Orania in Germany.
I’d like to start by telling you a story from the country where I live, Germany.  It is the story of Max Planck, the great German physicist.  In 1918 Professor Planck won the Nobel Prize for his work on quantum theory.  With this new fame he was asked at universities throughout Germany to give speeches on his discoveries.  One evening he was due to give a speech in Munich.  On the way there, Planck was having a discussion with his driver and his driver asked him if he had prepared the speech he was to give that night.  Planck answered ‘no, I haven’t prepared, I have given this speech so many times that I can tell it by memory.’  His driver responded, ‘I have heard your speech so many times I could probably give it.’  Hearing this, Max Planck thought for a moment and then said to his driver, ‘why don’t we test your theory and you dress nicely and give the speech and I’ll sit in the front of the audience and pretend to be your driver and we’ll see if anyone notices.’
And, according to their plan, when they arrived Planck’s driver got up in front of the audience and gave a speech on very complicated physics in front of an audience of Munich’s scientific community.  He delivered it so well that no-one noticed that it was not Planck himself.  However, after the speech was given, there was time for questions from the audience.  Sure enough someone from the audience stood up and asked a question on Planck’s quantum theory.  For a moment the driver stood still and then he slowly shook his head and said, ‘I was led to believe that Munich was a sophisticated and intellectual city.  So it surprises me that someone from this audience could ask me such a simple question.’  The driver then pointed to Max Planck in the audience and said ‘Indeed it is so simple that I am confident that even my driver could answer it.’
The reason I told you this story is that today I feel a little bit like Max Planck’s driver because I have been asked to speak a little about Afrikaner history.  I am an economist by trade but I shall do my best and hopefully, I can introduce something new to you anyway.
I’d like to begin by going back in time to the mid seventeenth century when the Dutch state established a mercantilist outpost in Southern Africa whose mission it was to establish a port to provision Dutch trading ships travelling between Europe and the Dutch East Indies.  In 1652, around two hundred Dutch East India employees and indentured servants arrived to create a settlement that would later become Cape Town.  I want to emphasize that this was not some colony of free settlers but that the people brought over were in an initial state of semi-slavery and were provided very few freedoms.  In 1657, 40 of these indentured servants were freed by the Governor.  These freed men took up farming and grazing.  These activities were permitted by the Dutch East India Company who wanted food to feed their growing town.  Any other activities were strictly regulated and attempts by freemen to engage in free enterprise were forbidden including trading with the local KhoiKhoi though this happened despite the regulations.  The monopolist V.O.C. did not allow the establishment of a free market but instead fixed the prices for goods produced by the burghers.  These fixed prices often did not cover the costs of transportation and left free burghers economically impoverished.  To escape this tightly controlled economic environment, many burghers began trekking east beyond the company’s control.  The company then forbade migration or trade with the natives, a law that was  introduced in 1677.  The law wasn’t terribly effective because the government reintroduced similar laws in 1727, 1739, 1770, 1774, and 1786.
I have to say that I very much admire the attitude of your ancestors towards stupid laws restricting their freedoms.  A very healthy attitude in my view.
I want to return to the Boer treks a little later but first I want to take a little look at what else was happening in the world at around this time.
The most important political development at this time was the growing rebellion against British rule in North America which had broken out in 1775.
Around a year after the outbreak of war against Great Britain the Declaration of Independence was issued which outlined the reasons the American colonists now considered themselves free of political ties to the former motherland.
The most often quoted portion of the declaration is the following,
‘We hold these truths to be self-evident, that all men are created equal, that they are endowed by their Creator with certain unalienable Rights,[75] that among these are Life, Liberty and the pursuit of Happiness.’
These words were largely borrowed from John Locke a philosopher of the Enlightenment who wrote that man had the right to life, liberty and property.
Perhaps more important than this part of the preamble however is the means of achieving them.  So wrote Thomas Jefferson,
‘That to secure these rights, Governments are instituted among Men, deriving their just powers from the consent of the governed, That whenever any Form of Government becomes destructive of these ends, it is the Right of the People to alter or to abolish it, and to institute new Government, laying its foundation on such principles and organizing its powers in such form, as to them shall seem most likely to effect their Safety and Happiness.’
These words are very powerful and help to make this document, I feel, one of the key political writings of Western Civilization.  Peoples have a God given right to rebel against their government.  This was the principle upon which the United States of America was founded – and according to Thomas Jefferson, a principle which all men were granted.
Going back to the Cape now, it wasn’t long after the US achieved independence that the first Boer attempt to break-away from Dutch colonial rule was attempted with the creation of the short lived Graaf-Reinet republic along the frontier.  By the time the British returned to the Cape in 1806, the Boer national consciousness was well established and with it the concept of self-rule.
In 1815, some frontier Boers began a renewed revolt against British rule at Slagters Nek after colonial authorities attempted to enforce British law along the frontier.  In the trials following the failed rebellion, which led the execution of five men, one of the defendants stated before the court, ‘I am a young man who does not yet know what a Government is, as I was never near one.’
If the young man’s statement in his defense is representative of the motives for rebellion then this early Boer rebellion is illustrative of something very interesting.  Unlike the American rebellion against British rule which established the right to rebel and form a new government, this early Boer rebellion was a fight to remain free from government.  This is an important distinction.
The idea that a people can live without government seems, in our day and age, a difficult concept to accept.  People tend to think of chaos and lawlessness.  However, living without government, or living without a state, is not the same as living without governance.  I believe that the early Boer experience is a good place to look to find evidence of this.
Indeed the American historian Joseph Stromberg wrote of the early Boer ideal as maatskaapy, a society of ‘free and independent men.’  A Boer felt that he required 6000 acres to be economically independent and as Stromberg writes, ‘Boers would move each generation, and would trek large distances to get away from unwanted government supervision.’
Stromberg also writes that ‘The Boers were united as maatskappy, a loose community of individual proprietors, the commando, a volunteer military arm their society, and as co-relioginists.  More supervision than this they did not want.  A Boer patriarch, sovereign on his own plek, with his wife, children and retainers, and armed for defense of his family and property, corresponded quite well – like the Anglo-Celtic Southerner – to the ideal citizen of classical republican theory.’
Indeed, Stromberg was right.  The old Boers very much represented the ideal citizen of classical liberalism which was promoted most prominently by many of the founding fathers of the United States, and in particular, Thomas Jefferson.
Jefferson believed that an agrarian society was one which offered the best prospect for a free society.  Despite being well known as an author, he only wrote one book, titled ‘Notes on the State of Virginia,’ written in 1781.  In it he wrote,
“Those who labor in the earth are the chosen people of God, if ever he had a chosen people,
whose breasts he has made his peculiar deposit for substantial and genuine virtue. It is the focus
in which he keeps alive that sacred fire, which otherwise might escape from the face of the earth.
Corruption of morals in the mass of cultivators is a phenomenon of which no age nor nation has
furnished an example. It is the mark set on those, who not looking up to heaven, to their own
soil and industry, as does the husbandman, for their subsistence, depend for it on the casualties
and caprice of customers. Dependence begets subservience and venality, suffocates the germ of
virtue, and prepares fit tools for the designs of ambition. . . . “
Thomas Jefferson as US president went to great lengths to achieve his vision of a free people in a new land.  He reduced the size of government, cut taxes and avoided conflict with foreign nations as best he could.  He wrote that,
‘Every government degenerates when trusted to the rulers of the people alone. The people themselves are its only safe depositories.’
Jefferson’s ideal of an agrarian republic was best illustrated in the south of the U.S., including his native Virginia, where society was dominated by independent farmers.   This is a society that shared some similarities with the Boer republics established in Southern Africa.
Stromberg wrote however that, ‘unlike the Southerner, the Boers were of a simpler school.  Their nearest approach to liberalism was the notion of covenant.  Thus it makes sense to think of the Boers as patriarchal, pastoral Calvinists living out a practical frontier anarchism.’
Now, I realize the word anarchist might seem unusual but what Stromberg means here anarchy in its true definition which comes from the original Greek meaning ‘without a leader’ or ‘without a state.’  Living without a state today seems like an unusual concept however what is it we speak of when speaking of a ‘state’?  The German philosopher Hans Hermann Hoppe defines it as such,
‘A state is a territorial monopolist of compulsion, an agency which may engage in continual, institutionalized property rights violations and the exploitation of private property owners through expropriation, taxation, and regulation.’
So a state affords itself a monopoly on violence so that it can exploit those living within its territory of control.  And so it is here South African government that has forbidden the use of the age old Commando system of voluntary self-defense.  The Commando threatens the state’s monopoly on violence.
Piet Retief wrote in his manifesto before undertaking his Great Trek that he and his followers had decided to ‘quit this colony with a desire to lead a more quiet life than we have heretofore done..  under the full assurance that the British government had nothing more to require of us, and will allow us to govern ourselves without its interference in future.’
Hermann Giliomee writes that Retief emphasized in his manifest that ‘those undertaking the trek would take no-ones property but would defend themselves against attacks on their lives and property.  They would make laws to govern themselves and would make their intention to live in peace clear to the black tribes amongst whom they settled.’  Retief wrote in his manifesto that ‘We desire to be considered a free and independent people.’
So off the Voortrekkers went to free themselves from Imperial state control.  When they undertook their monumental trek, it is important to note that they did not travel without purpose.  They intentionally avoided areas already settled.  So they did not travel directly to the North where they were aware the Griqua lived.  Nor did they travel to the East where the main Xhosa areas were.  Instead the wagon trains headed North East into territory that had been decimated by a violent Zulu war of extermination against neighbouring tribes – a war that is estimated to have killed up to one million Africans.
So when the Voortrekkers set-off to live free of British rule they intended from the outset to find land on which to live that would not bring them into conflict with existing inhabitants.  This is something that is largely unique in the history of the New World.  Unlike Northern European settlers in North America, Australia, or New Zealand, the Boers did not engage in the extermination of already established peoples in order to settle a new land for themselves.
Ek is ‘n Afrikaner, dan die res!
In sy onlangse bitsige aanval op AfriForum skryf Adriaan Basson, die assistentredakteur van City Press, dat hy net soos Kallie Kriel, aan wie die opebrief gerig is, ‘n wit Afrikaner van Afrika is. Hy gaan voort om te sê: “Ek dink egter ons interpretasies oor wat dit beteken om ’n Afrikaan-Afrikaner in Suid-Afrika te wees, verskil wêrelde, so ook ons menings oor die plek van Afrikaners in 2011.”
Verlede Saterdag sit en luister ek na dr Christoph Von Ach, voorsitter van ‘n Orania-ondersteuningsgroep in Suid-Tirool, ‘n grotendeels outonome provinsie in die noorde van Italië, tydens die Orania Beweging se jaarlikse Burgervergadering. Dr Von Ach vertel van die pad wat sy minderheid, die Duitssprekende mense van die provinsie Suid-Tirool, sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog geloop het om deur groter selfbeskikking beheer oor hul eie lot te kon bekom.
Die mense van Suid-Tirool beskou hulself eerstens as Suid-Tirolers. Hul identiteit as Italianers is ‘n geografiese toevalligheid. Tog beskou niemand in Europa hierdie minderheid van sowat 500 000 mense as ‘n groep wat in die pad van ‘n beter Italië of selfs ‘n sterker Europa staan nie.
Na die Eerste Wêreldoorlog is Suid-Tirool by Italië ingelyf en is die Duitssprekende minderheid se taal en kultuur vir dekades deur die Fascistiese regering onderdruk. Suid-Tirool het eers vanaf die 1970’s daarin geslaag om groter beheer oor sy eie instellings en regering te kry.
Tog het die taal en kultuur van die mense van Suid-Tirool sterk gebly. Dr Von Ach skryf dit toe aan ‘n sterk samehorigheid van dié minderheidsgemeenskap na die Eerste Wêreldoorlog. Ten spyte van al die pogings van Italië om Suid-Tirolers van hul taal en kultuur te ontneem, het die teenoorgestelde gebeur en het Suid-Tirolers saamgestaan en moeite gedoen om hul taal en kultuur uit te bou en te bevorder.
Indien jy vir die meeste mense in Suid-Tirool sal vra wie hy is, sal die antwoord vinnig en maklik kom: Südtiroler! Regoor die wêreld is daar vandag minderhede wat stoei met die vraag oor identiteit. Die Baske en Kataloniërs in Spanje, die Franssprekende bevolking in Kanada, die Samis van Skandinawië, die Hongaarse minderheid in Roemenië, die Mapuche-minderheid in Chili en baie ander word almal uitgedaag met die vraag oor watter identiteit eerste gestel moet word.
Daar is toenemend ‘n tendens dat minderheidsgroepe ‘n veelvoudigheid van identiteite erken, maar hul voortbestaan direk koppel aan die belang van die posisie van hul volksidentiteit.
‘n Professor van die Universiteit van Pretoria, en groot ondersteuner van Orania, noem die afgelope naweek tydens ‘n werkswinkel in Orania, dat Afrikaners juis vir lank teen die idee van ‘n nasionale identiteit gestry het. Vroeë Afrikaners was in hul wese teen kolonialisme en latere Suid-Afrikaanse nasionalisme. Juis daarom was die twee Boererepublieke sterk libertyns van aard en het baie Boere steeds nie van die klein juk van ‘n regering gehou nie! Eers na Uniewording het Afrikaners die Suid-Afrikaanse identiteit opgeneem en juis in die hoop om daardeur weer beheer oor hul eie lot te verkry, soos wat dan ook die geval was tydens die twee periodes van Afrikanerregering wat in 1994 tot ‘n einde geloop het.
Wat egter nie in 1994 gebeur het nie, was ‘n verlies aan juis daardie nasionale identiteit onder Afrikaners. Dit is dan ook hier waar Afrikaners in ‘n ander rigting as die mense van Suid-Tirool beweeg, want toe Suid-Tirool in 1918 deel van Italië geword het, het sy mense geweier om Italianers te word. Toe Afrikaners egter in 1910 deel van ‘n nuwe Suid-Afrika geword het, het hulle die identiteit van Suid-Afrikaners hul eie gemaak en ten spyte van ‘n verlies aan die beheer oor hul eie lot het hulle selfs na 1994 daardie identiteit grootliks behou.
Dit bring my terug by Adriaan Basson se brief aan Kallie Kriel. Daar is ‘n sterk stroming van Afrikaners wat hul Afrikaneridentiteit erken, nie omdat hulle dit wil behou of bevorder nie, maar wel vanuit ‘n posisie van skulderkenning en selfbejammering. Dit is ook die groep mense wat oordrewe uitdrukking aan hul Suid-Afrikaanse identiteit wil gee deur die Suid-Afrikaanse vlag op hul motors te vertoon en tydens rugbywedstryde op hul voorkoppe te laat verf. Dit is ook dié groep mense wat soos Basson hulself Afrikaan-Afrikaners noem. Hul liefde vir die nasiestaat en die Afrikakontinent moet opmaak vir die las van Afrikanerskap.
Ek weier om toe te sien hoe my Afrikanerskap as ‘n soort van simbool van selfmarteling gebruik word. Ek sê dit dus hard en duidelik: Ek is ‘n Afrikaner! En ja ek is ook ‘n Suid-Afrikaner en Afrikaan, maar nie omdat dit my wese vorm nie, maar omdat ek noodgedwonge in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent woon.
Basson se verstaan van waar Afrikaners in 2011 moet staan – in diens van die nuwe nasiestaat wat assimilasie van minderhede as voorwaarde vir voortbestaan vooropstel – is dus iets waarin ek nie belangstel nie. Die kamma-identiteit van Afrikaan-Afrikaner staan my nog minder aan. Dit beteken egter glad nie dat ek minder lief is vir hierdie grond en hierdie plek as enige ander groep in hierdie land en op hierdie kontinent nie. Dit beteken ook nie dat ek minder omgee vir die lot van die res van Afrika en Suid-Afrika se mense nie.
Die Afrikaner sal net ‘n toekoms hê as ons, onsself kan begin losmaak van ons groot liefde vir die nasiestaat en as ons, ons eie identiteit eerste kan stel. En laat ek dit duidelik stel: Dit het niks met velkleur te doen nie, want jou identiteit word nie deur jou velkleur gevorm nie, maar deur jou verbintenis aan ‘n geskiedenis, kultuur, taal en tradisies wat oor eeue hier aan die suidpunt van Afrika gevorm is.
Hierdie artikel het oorspronklik op www.maroelamedia.co.za verskyn.