Solidariteit Blog

Wat wou Leeuloop, hallo Vuurloop!
Daar kom `n tyd in elkeen se lewe wanneer jy te staan kom voor iets wat groter is as jouself. Hetsy op professionele vlak wanneer jy opdaag vir jou eerste dag by `n nuwe werk en besef dat jou werkgewer die Pa is van die meisie wat jy op die Matriekdans ge”drop” het vir Wilde Wilma van die Kloosterskool. Of wanneer jy jou aanstaande skoonouers vir die eerste keer ontmoet en jy deel witvoetjie komplimente uit oor skoonma se heerlike croutons, net om in `n ysige stem meegedeel te word dat dit haar eersteprys kerkbasaar souskluitjies is! As ek terugdink, het ek `n paar sulke oomblikke beleef.

Soos die keer toe ek op my deurgeskaafde-skoenriem-begroting toer na Egipte besef het dat die nuttige “handstort” langs die toilet nie daar was om op te maak vir die stadig-druppende stortkop nie! Dit het weer gebeur, verlede Donderdag aand toe ek gloeiende kole van 600 grade met dapper en stapper aangedurf het.

My Ouma het nie verniet gesê: ” Van lekker lag kom lekker huil” nie! Nadat ek halfhartig lag vir die vuurloop kaptein se grappie oor die brawe seekaptein wat vir sy manskappe vra om sy bruin broek te bring, kyk ek met dankbaarheid af na my swart romp en bid dat dit baie donker gaan wees buite. Die man probeer moed in ons bewende harte inpraat deur die menslike liggaam te vergelyk met `n plastiekbottel vol water wat lustig sit en prut oor kokende kole sonder dat dit smelt of brand. Jammer kaptein, maar die laaste keer wat ek gekyk het, was ek nie van plastiek gemaak nie! Dan is die oomblik daar en ek maak vir my `n paadjie tot by die voorste linies en gee een laaste verlangende kyk na my skoene en kouse wat op die koue gras lê.

Dit is in sulke tye dat ek die woorde van Koning Dawid onthou en ek rig my oë op na waar ek my verbeel die Magaliesberge moet wees, en ek wag vir my hulp om te kom in die vorm van `n wolkbreuk. Hopenlik voor ek my eerste tree moet gee in die Dal van gloeiende vulkane. Die shwarma wat ek netnou geëet het, maak Soweto taxi draaie in my maag en die Schweppes lemonade lê êrens tussen my keel en die tweede rib van bo. Die mantra van ” Ys, water, sneeu!” klink al hoe meer na: ” knetter, blaas en brand!”. My mees-onlangse sondes flits verby my oë en ek bid met `n brandende opregtheid wat die Rooi See in twee sou kon skeur.

Ek asem in en gee die eerste tree! My vuurloop eindig met `n komplimentêre voetspa van twee sekondes wat bestaan uit `n palstiekbad met water waarin ek my kole trappers kan baai. Ek het dit gedoen, dis verby! Hoekom was ek so bang? Die adrenalien bruis deur my are soos die Augrabies in vloed en skielik lyk alles anders. My eksamens wat soos `n berg voor my gelê het, verander eensklaps in `n bultjie en ek voel asof ek berge kan versit. Die struikelblokke wat ons verstand vir onsself opstel is soms baie gevaarliker as die gloeiende rooi kole wat ons voor ons kan sien.

Neem vandag nog `n sprong van geloof in jouself en jy mag dalk net verras wees om anderkant uit te kom sonder blase of `n verskroeide ego. Ek beplan reeds my volgende avontuur wat my na nuwe hoogtes sal voer, met die woorde van William Ernest Henley wat eggo in my kop: ” It matters not how strait the gate, how charged with punishments the scroll. I am the master of my fate: I am the captain of my soul”.

Onseker kiesers klap hard
In die onlangse verkiesings in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale ly die Christen-Demokratiese Unie (CDU) van Bondskanselier Angela Merkel swaar verliese.

In Frankryk kies die Franse ’n nuwe sosialistiese president, Francois Hollande, omdat hy tydens die verkiesingsveldtog beloof het dat hy minder streng sal besnoei as sy voorganger, Nicholas Sarkozy.

In Griekeland straf die kiesers die gematigde regeringspartye hard. In Spanje – waar die werkloosheid onder jong mense 50% is – is die verontwaardiging oor die beleid van die huidige regering groot.

Eintlik is groot dele van die bevolkings in Europa in opstand oor die streng besnoeiings deur hul regerings. Hierdeur word die welsynstaat met sy groot sosiale vangnet afgebreek, die aftree-ouderdom verhoog en die burger swaarder belas.

Hierdie rubriek het al vantevore aan hierdie Europese politieke krisis aandag bestee. Vandag gaan ons ’n bietjie dieper grawe.

Eerstens val dit op hoe die kiesers die pad byster geraak het. Nie alleen sal hulle maklik van die een party na die ander oorloop nie, maar daar is ook ’n neiging om óf vir uiters links óf vir uiters regs te stem. Of sommer vir enige nuwe beweging.

So is daar in Duitsland ’n nuwe verskynsel, die sogenaamde Piratenpartei. Dit kan nie as ’n normale party omskryf word nie. Dit is teen die vorm waarin die huidige demokrasie gegiet is en is ’n voorstander van direkte demokrasie en veral vryheid van inligting. ’n Mens sou dit ’n anargistiese internetparty kon noem.

Swede is die eerste land wat daarmee begin het, en daar is nou in 40 – meestal Europese – lande sulke bewegings. Die een in Duitsland is die grootste.

Wat ’n mens hier eintlik sien, is dat die groot middelpartye – liberaal, christen- of sosiaal-demokraties – hul aanhang verloor, en dat nuwe, ekstreme bewegings aanhangers wen.

Die belangrikste rede hiervoor is die agteruitgang in welvaart van die groot Europese middelklas. Die Nederlandse koerant NRC Handelsblad het afgelope naweek ’n artikel aan hierdie verskynsel gewy.

Die Europese middelklas is nog steeds die grootste sosiale groep, maar die getal mense wat in Europa op die armoedegrens leef, het tussen 2007 en 2009 van 85 miljoen na 115 miljoen gestyg. Dit is 23% van die Europese bevolking.

Die middelklas se vrees dat dit sal afgly na hierdie armoedegrens plaas dié klas onder druk en maak sy lede onseker. Die sogenaamde “verburgerliking” van die Europese samelewing het feitlik tot stilstand geknars.

Die middelklas sien globalisering glad nie as ’n kans of uitdaging nie, maar eerder as ’n bedreiging van die sekerheid wat hulle deur die jare opgebou het en wat nou stelselmatig afgebreek word. En nie alleen deur hul regerings nie, maar ook deur die koms van immigrante.

Hulle verskans hulself agter die grense van hul eie state en sal by elke verkiesing uiting gee aan daardie angs en onsekerheid. Dan stem hulle vir enige party wat die gevestigde orde aanval.

Eens was hulle die stutte van die liberale demokrasie. Tans neem hulle wraak op daardie einste demokrasie deur hul protesstem.

17 Mei 2012. Deur Ingrid Scholtz

Verwelkom ook die goeie nuus
Ek was hierdie week aangenaam verras om uit te vind dat daar ŉ webtuiste getiteld “South African Good News” bestaan. Soos mens reeds uit die naam kan aflei, bevat hierdie webtuiste slegs goeie nuus oor Suid-Afrika.

As joernalis is ek intuïtief altyd opsoek na die nuus met die grootste omvang en impak en ongelukkig kom dit meestal op slegte nuus neer. Nadat ek SA Good News besoek het, het ek opnuut besef hoe ons lewens daagliks met negatiwiteit infiltreer word. Ons stel nie eens meer belang in die goeie nuus nie. Hoe dikwels sit ons nie om die braaivleisvuur en kla oor die stygende brandstofprys, misdaad, swak dienslewering, renosterstropery en dies meer nie.

Ons is nie eens daarvan bewus nie dat daar onlangs R570 000 vir die bevegting van renosterstropery ingesamel is nie. Óf dat Suid-Afrika onlangs as een van die top tien middelinkomsteklas-lande in handeldryf aangewys is.

Ja, ŉ mens kan natuurlik nie die slegte goed wat in die samelewing aangaan ignoreer nie. As mens nie bewus is van die bendelede wat hulself as polisiemanne voorhou net om motoriste te kaap nie, loop jy die risiko om die slagoffer van sulke misdade te wees. Ons moet egter ter wille van ons gemoed ook bedag wees op die goeie nuus, al word dit soms deur die slegte nuus oorskadu.

Te midde van als, moet ons vir onsself en vir ons nasate ŉ toekoms in ons land skep. Daarvoor het ons nodig om aan die goeie nuus te klou. Ons het nodig om na die silwer randjie van die donker wolk te kyk. Ons het nodig om mekaar te motiveer om op te staan en harder te veg vir dit wat joune is. En dít is ons land – Suid-Afrika!

Hoeveel spaargeld is te min?
Hierdie artikel se doel is net om ’n klip in die bos te gooi oor sekere stellings wat dikwels oor Suid-Afrikaners se lae spaargeneigdheid gemaak word.

Dat Suid-Afrikaners nie juis tot spaar geneig is nie, word nie betwis nie. Die hele ekonomie se spaarkoers bly jaarliks maar in die omgewing van 16% van die bruto binnelandse produk. Hoewel hierdie vergelyking nie sonder probleme is nie, behoort dié syfer tog veel hoër – nader aan 25% – te wees. Dit is waar dit in die 1970’s was. Hierdie spaarkoers daal egter al sedert die vroeë 1980’s. Suid-Afrikaanse huishoudings (ondernemings uitgesluit) as geheel is al sedert 2006 besig om te ‘ontspaar’ – hul spaargeld word jaarliks minder in plaas van meer.

Daar is verskeie redes waarom mense geneig kan wees om nie te spaar nie. Al die redes kom op die ou end daarop neer dat dit mense motiveer om huidige verbruik te prioritiseer bo die moontlikheid van toekomstige verbruik. Vir iemand wat verwag dat hy binnekort sal sterf, is dit rasioneel om eerder nou te verbruik, aangesien daar groot onsekerheid oor die moontlikheid van toekomstige verbruik is. So kan ’n lae lewensverwagting een rede wees waarom sommige Suid-Afrikaners nie spaar nie. Dit is iets waaraan daar nie veel gedoen kan word uit ’n hoek van finansiële opvoeding nie. Dit is rasioneel om nie te spaar vir jou oudag nie as jy verwag dat jy nie ’n oudag gaan hê nie. So ’n probleem is ’n mediese probleem, nie ’n finansiële probleem nie en dit het ’n mediese oplossing, nie ’n finansiële oplossing nie. Ander redes om huidige verbruik bo toekomstige verbruik te prioritiseer, kan egter wel uit finansiële onkunde spruit en kan deur finansiële opvoeding reggestel word.

Daar is egter natuurlik ook die moontlikheid dat ’n persoon wel goed bewus is daarvan dat indien sy huidige verbruik hoog is, sy toekomstige verbruik laer sal moet wees as wat andersins die geval sou wees. Die persoon kan rasioneel besluit dat hy eerder sy geld wil geniet terwyl hy nog jonk is, en dat hy ter wille daarvan heeltemal bereid is om sy lewenstandaard beduidend af te skaal op sy oudag. So ’n neiging is eintlik nie so ongewoon nie. Daar is talle mense wat aftree wat heeltemal vrywillig en sonder om onder enige druk te wees, self besluit om hul lewensstyl aan te pas tot ’n laer verbruiksvlak. Een eenvoudige voorbeeld hiervan is om na ’n kleiner woning te verhuis.

Na aanleiding van die bogenoemde punt kan die klip in die bos gegooi word. Daar word dikwels in die media verwys na hoë persentasies (90% en meer) Suid-Afrikaners wat “nie genoeg spaar om hul huidige lewenstyl ná hul aftrede vol te hou nie”. Die Nasionale Tesourie het vandeesweek juis ook die volgende gesê: “…only about 10% of South Africans are able to maintain their pre-retirement level of consumption after they stop working.” Na aanleiding van dit wat in die vorige paragraaf genoem is, is dit duidelik dat dit nie noodwendig beteken dat daar ’n groot probleem is nie. Hierdie tipe syfers het eintlik nie veel inhoud sonder dat daar duidelik gemaak word met hoeveel hierdie mense hul vooraftrede-verbruiksvlak moet afskaal ná aftrede nie. Indien ’n groot aantal mense weliswaar moet afskaal, maar die vlak van die afskaling is nie baie groot nie, is dit tog nie werklik ’n probleem nie. Dan beteken dit ook nie dat daardie mense werklik ‘te min’ spaar nie. Indien daardie 90% van mense egter hul verbruiksvlak drasties afwaarts moet aanpas ná aftrede, is dit uiteraard ’n pynlike proses wat problematies is.

Breë stellings soos “90% van mense spaar nie genoeg om hul huidige lewenstandaard ná aftrede te behou nie” verberg dus eintlik die inligting wat belangrik is om ’n oordeel oor die werklike aard van die situasie te kan vel. Selfs al klink so ’n stelling vreeslik erg as dit vir die eerste keer gehoor word, stel dit mens nie in staat om enige praktiese aksie te neem nie, aangesien dit eintlik sonder inhoud is.

Rusteloos
Ek hou niks daarvan om rusteloos te voel nie. Tussen die boom en die bas – of nog beter gestel: Tussen die duiwel en die diep blou see.

Sondag was só ŉ dag vir my.

Soekend, dwalend, ongedurig.

Thomas A Edison het gesê: Rusteloosheid en ontevredenheid is nodig vir vooruitgang.

Gelukkig gaan die gevoel verby. Dit is egter nodig om jou af te vra wat die oorsake daarvan kan wees.

Dalk al die veranderinge. Dalk die verlange na die bekende. Dalk die onsekerhede.

Charlotte Bronte het gesê: Probeer om nie te ver vorentoe of agtertoe te kyk nie – maar kyk altyd op.

God is in beheer. Hy weet wat die beste vir ons is.

Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is – Jer. 17:7.

‘n Uitnodiging aan Piet Croucamp: Leer Afrikaners ken
In gister se Rapport stel Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, en dr. Piet Croucamp, politieke wetenskaplike van die Universiteit van Johannesburg, beide hul kante in ‘n koerantkolom oor die ANC-konferensie waartydens die “vervreemding van die Afrikaanse gemeenskap” bespreek is. Die twee here het vroeër in laas week ook swaarde gekruis tydens ‘n radioprogram en beide het in daardie program sowel as gister gebiedende punte gemaak. Wat my egter onthuts het is Croucamp se tirade teenoor Afrikaners en die uitleef van hul identiteit. Ek moet by voorbaat sê dat ek groot respek vir Piet het, by hom vir twee jaar klas gekry het en hom as ‘n waardevolle stem in Suid-Afrika se politieke kommentaar ag. Sy sieninge is meetsal konsekwent en regverdig, maar sy kommentaar in gister se artikel is vol teenstrydighede terwyl Afrikaners huidjie en muidjie en baie ondiplomaties oor die kole gehaal word. Ek het nog nooit eers in City Press of dergelike swart koerante sulke skerp kritiek op Afrikaners soos Croucamp s’n gelees nie. Ek kan dit daarom nie onbeantwoord laat nie.

Hy sê eerstens die volgende: “My politieke instink het ’n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is. Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie. Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.” Daar moet van meet af duidelik gemaak word dat Croucamp, soos elke Suid-Afrikaner en Afrikaner, die grondwetlike reg op vryheid van spraak het en basies kan sê wat hulle wil solank dit nie haat aanwakker nie. Dit staan hom vry om ‘n weersin in Afrikaner-politiek te hê en ek staan self wantrouig teenoor die formele partypolitiek. Dis ons reg en daarom vind ek geen fout daarmee nie.

Maar dit is ook so dat baie selferkende Afrikaners ook ‘n weersin in die Afrikaner-politiek het en dis waarom hulle in hordes vir tradisioneel liberale partye soos die DA stem. Maar ‘n gelykmatige hoeveelheid van die wit Engelssprekende en Joodse gemeenskappe stem ook vir die DA. So stem die oorgrote meerderheid van die bruines in die Wes-Kaap asook die Indiër-gemeenskap in KwaZulu-Natal en elders in die land vir die DA. Doen hulle dit uit rasse-oorwegings? Is dit dalk uit vrees vir die ANC se oorheersing? Is dit omdat hulle die ANC as ‘n swak regering beskou? Is dit omdat die DA die grootste opposisieparty is en ‘n rekord van taamlike skoon regering het? My vermoede is dat dit in meeste gevalle by al hierdie minderhede ‘n kombinasie van hierdie faktore is. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het na afloop van laas jaar se verkiesing half moedeloos gesê die ANC is van plan om uit te vind hoekom minderhede nie die ANC steun nie. Tot op hede wag ek nog vir enige teken daarvan en geen navorser het al by my uitgekom nie.

Croucamp voer voorts aan dat die term “Afrikaner” ideologies gelaai is. Ek wens hy wil sulke stellings beter verduidelik dat mens dit in konteks kan ontleed en beskryf, maar helaas het dit toe nie gebeur nie. Hy gee tog die aanduiding dat Afrikaners wat hulself só beskryf, byna altyd onverdraagsaam en rassisties is. Hulle beskou hulself, volgens hom, ook nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelwitte is in ook in stryd met die Grondwet. Wat ek kan aflei is hy vat die Afrikaner tydens die Apartheidsera en veralgemeen sommer na almal toe. Dis ‘n groteske oorvereenvoudiging. As die term “Afrikaner” ideologies gelaai is met konnotasies soos rassiste, onbereidwillig om aan te pas, en ongrondwetlikheid wat daaraan gekoppel word, dan moet die ANC sekerlik as die ander deelnemer aan hierdie gesprekke mos ook bekyk word. ‘n Party kan homself nie aan ‘n liberale, demokratiese Grondwet met regte en pligte verbind as dit verknog is aan organisasies soos die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) nie. Die SAKP se waardes druis in wese in teen baie van die bepalings in die Grondwet soos eiendomsregte, demokrasie met stemreg en indiwiduele politieke regte, asook aspekte soos spraakvryheid en vryheid van mening en die media. Hulle wil Suid-Afrika in ‘n Sowjet-diktatuur omskep.

Op die koop toe is die ANC se Nasionaal Demokratiese Rewolusie (NDR), asook die party self, uiters ideologies gelaai. Die NDR voorsien ‘n land waar partykaders elke bevelspos in die land sal betrek met minderhede wat bloot geneë daarmee sal moet wees. Boonop word regstellende aksie in baie gevalle op ‘n nydige, wraaksugtige, venynige en onsinnige manier toegepas met rassekwotas en demografiese verteenwoordiging wat bo enige ander redelike maatreël seëvier. Baie van die NDR se doelstellings is in stryd met die Grondwet al word dit altruïstiese taal geklee. Baie van die Afrikaners en die breë Afrikaanse gemeenskap se probleme spruit juis uit die ongrondwetlike toepassing van die Grondwet. Vra maar vir kapt. Renate Barnard wat perfek vir ‘n forensiese pos in die polisie gekwalifiseer is met ‘n magister-graad en hope ervaring, maar dit bloot weens haar velkleur nie kry nie. Vra maar ook sommer vir die bruines in die Wes-Kaap wat nou moet terugstaan omdat die department van korrektiewe dienste sy werkers in daardie provinsie, waar bruines by verre die meerderheid is, soos die res van Suid-Afrika wil laat lyk.

Dan spreek jou bondgenootskappe ook mos boekdele van jou ideologie. Suid-Afrika onder die ANC het al die Weste se pogings om Iran, Mianmar en Zimbabwe te kasty en die lot van die mense in daardie land te verbeter, om elke draai en veral in die VN se Veiligheidsraad frustreer. Daarby het Suid-Afrika die Dalai Lama ‘n paspoort geweier om Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag by te woon weens druk uit China. As al hierdie kwessies en politieke skuiwe nie ideologies gelaai is nie, weet ek nie wat is nie.

Dan raak hy die volgende kwyt: “Mense wat hulself as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners identifiseer, is oorwegend lojaal aan Suid-Afrika, het vertroue in die Grondwet en gee werklik nie om watter kleur of ras die regering of selfs die staat is nie, solank hy goed en regverdig regeer. Hul stryd is dus om ‘beter’ regering, nie om ’n wit of Afrikaanse regering nie.” Uit ‘n studie wat ek onder Solidariteit-lede voor verlede jaar se verkiesing onderneem het, was dit duidelik dat Afrikaners bloot bekommerd is oor die toestand van hul dorpe en stede. Hulle het in groot getalle aangedui hulle gaan vir die liberale DA stem (76% van die respondente) en dat goed soos dienslewering en infrastruktuur hul grootste prioriteite is. Dit sal naïef wees om te dink daar is nie ‘n mate van rassisme in hul woede teenoor hul munisipale rade nie, maar die feit van die saak is dat die respondente waarmee ek persoonlik op die platteland gepraat het, moedeloos is oor stukkende paaie, vullis wat oral rondlê, korrupsie wat hoogty vier met goue handdrukke aan nie-presteerders, en ‘n blote apatie van hul rade om die probleme op te los. Hulle is gatvol (en hier praat ek nie net van slaggate nie!) en wil net hê dinge moet werk en daar moet gehoor aan hul eenvoudige versoeke gegee word. Om hul geldige vrese oor hul omgewings en land weens hul identiteite as rassisties af te maak, speel reg in die ANC se hande in en perpetueer die swak regeringswerk wat die ANC doen. Hulle betaal immers belasting (baiekeer is hulle die enigstes in klein dorpe wat betaal) en hulle is trotse Afrikaners, Piet.

Ek het daarom sterk bedenkinge of Croucamp die regte persoon vir die fasilitering van sulke gesprekke is. Iemand met sulke sterk afkeur van een van die deelnemende groepe kan hoegenaamd nie neutraal in sulke gesprekke staan, tussen die deelnemers bemiddel, hul vrese aan mekaar oordra en daarna terugvoer oor die implementering van uitkomste gee nie. Afrikaners bestaan nes die Zoeloes, Jode en Bruines as kenmerklike groepe in Suid-Afrika en om te dink Suid-Afrika se samelewing is een groot grys massa met homogene belange, tale, kulture en identiteite, is die oortreffende trap van naïwiteit. Meeste swart Suid-Afrikaners praat Tswana, Sotho of Zoeloe beter as Engels en hulle leef hul kulture op talle maniere uit. Die Afrikaners keer hulle mos nie en meng nie by die uitoefening van hul kulture in nie, so hoekom nie ook hierdie reg aan Afrikaners gun nie? Dit staan enigiemand vry om na ‘n Afrikaanse skool te gaan solank hulle die taal magtig is. Maar om moedswillig Engelse kinders van ander gebiede in Afrikaanse skole in te dwing en daardeur die gemeenskappe te verdeel, is vir my die definisie van ‘n ideologies-gelaaide skuif. Die Quebcane sou beslis van Kanada afskei as dit met hulle skole moes gebeur.

Laastens wil ek melding maak van die volgende stelling deur Croucamp: “Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ’n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema.” As ‘n geheel gesien, dink Croucamp Suid-Afrika is beter af sonder Afrikaners en ons word dan met Julius Malema vergelyk. Ek weet van geen Afrikaner- of Afrikaanse organisasie (hoe Croucamp dit ook al wil sien) wat al openbare pleidooie vir die doodmaak van ander groepe, in Malema se geval nogal “die Boere”, gelewer het nie. Nie een nie. Nie eers die ou Nasionale Party met al sy foute en menseregte-skendings het sulke wense gehad nie.

Is Afrikaners dan ook net sleg? Doen ons nooit iets reg nie? Het ons net Apartheid toegepas, of het ons ook “ja” gestem in 1992? Het ons nie die land opgebou en gemoderniseer nie, en laat ons dit nou ten gronde deur swak regering gaan? Hoeveel swart mense is nie direk of onregstreeks in diens van Afrikaners se besighede en huise nie? Of buit selferkende Afrikaners net hierdie mense uit deur vir hulle werk te gee? Betaal baie van ons “Afrikaners” nie ons huishulpe se kinders se skoolfonds en begrawe hul afgestorwe familielede as die staat se hospitale hulle in die steek gelaat het nie? Dit is iets waaroor Croucamp klaarblyklik nie gedink het of nie van weet nie want ek het hom nog nooit by ‘n vergadering van Afrikaanse organisasies gesien nie. Helaas is sy kontak met Afrikaanse studente ook baie beperk siende dat hy nou by UJ klas gee (wat basies ‘n Engelse universiteit met min Afrikaanse studente geword het) en voor dit by Vista in Soweto voordat dit in die samesmeltingsproses deel van UJ geword het.

Dr. Croucamp, ek as jong Afrikaner het Suid-Afrika liewer as enige ander land. Ek besef dit elke keer as oorsee gaan. Ek het gesonde argwaan jeens die Grondwet omdat dit soos enige skikking nie perfek is nie. Maar ek berus my daarby en kom dit getrou na. Ek kyk ook magteloos toe hoe die ANC oor dit loop en wysigings daaraan wil aanbring. Jy ontken egter my grondwetlike reg om myself te wees en daarom verontagsaam jy self die Grondwet. Duitsers het nie ná die Nazi-era opgehou Duitsers wees nie. Dieselfde met die Russe ná die Koue Oorlog en die Hutu’s in Rwanda ná hul volksmoord in 1994 op die Tsoetsi’s. Afrikaners het nie naastenby sulke afgryslikhede gepleeg nie. Ons gaan nêrens heen nie en ons sal hier voortbestaan as Afrikaners en as deel van die Afrikaanse gemeenskap. Leer ons asseblief beter ken voordat jy ons nolens volens as rassiste tipeer, jy kan dalk net aangenaam verras wees.

Eugene Brink is verbonde aan die FAK se N.P. van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid. Hy skryf in hierdie ruimte in sy persoonlike hoedenigheid.

Franse, Grieke roer Europa
Toe val die koerse van die markte wêreldwyd opnuut. Hierdie keer na aanleiding van die Frans en Griekse verkiesings van verlede Sondag.

Teen die agtergrond van ’n groot Europese skuldkrisis verkies die Franse die sosialis Francois Hollande tot president. En die Grieke was so kwaad oor die diep ekonomiese krisis waarin hul land die afgelope jaar verkeer, dat hulle oorweldigend teen die regeringspartye en vir óf ekstreem-regse óf ekstreem-linkse partye gestem het.

Daardie partye, net soos die sosialistiese party van Hollande, is gekant teen die besnoeiings wat die EU-lande afgespreek het. Die besnoeiings moet lande se groot begrotingstekorte terugsny tot 3% van die totale begroting.

Selfs in ’n deeglike land soos Nederland is dit besonder moeilik om daardie ooreenkoms na te kom. Die probleme is nog groter in lande soos Spanje met sy yslike werkloosheidsyfer van 50% onder jong mense, om nie van lande soos Ierland en Portugal te praat nie.

In die algemeen kan ’n mens sê dat Europa in ’n groot resessie verkeer, met groeiende skuld – selfs teen ’n lae rentekoers styg staatskuld met ’n paar miljoen per dag – toenemende werkloosheid en dalende ekonomiese aktiwiteit.

Die politici is veral magteloos en weet nie hoe om hierdie krisis op te los nie. Kiesers straf nou die politici wat tans op die kussings sit, vir daardie onvermoë en stem vir partye wat hulle wil wysmaak dat hul uitkerings nie sal krimp nie, dat die huurgeld nie sal styg nie, en dat hul wonings se waarde nie sal daal nie. Dit is egter leë beloftes, want regerings sal moet besnoei of hulle nou wil of nie.

In Frankryk is daar ook ’n ander faktor: die persoonlikheid van Hollande se voorganger, Nicolas Sarkozy. Hy word die “bling bling”-president genoem. Hy wou net so glansryk leef soos die beroemde Amerikaanse president John Kennedy en hy het al die opwinding en mag ooglopend geniet. Hy het ook nie geskroom om mense te laat deel in sy woelige privaat lewe nie, veral in sy verhouding met die Italiaanse model Carla Bruni, met wie hy later getroud is.

Die Franse is nie preuts nie, maar hulle verwag van hul president waardigheid en diskresie. Dit het Sarkozy nie gehad nie en die Franse het hom dit nie vergewe nie.

Francois Hollande is in baie opsigte die teendeel van Sarkozy. Rustig, rasioneel, en soos iemand gesê het, “altyd homself”. In teenstelling met Sarkozy – wat sterk negatiewe of positiewe gevoelens opgeroep het – het niemand regtig sterk gevoelens oor hom nie. Hy het dan ook tydens die veldtog gesê dat hy ’n “normale” president wil wees en dat hy die Franse wil verenig. Volgens sy aanhangers het hy dit altyd tydens sy lang loopbaan as politikus probeer doen.

Sy agtergrond is hoër middelklas met ’n pa wat baie regs was en ’n ma met sosialistiese voorkeure. En soos sy naam ŉ mens laat vermoed, is hy inderdaad oorspronklik van Nederlandse afkoms.

Hoewel sy sosialisme baie gematig is, het hy al herhaaldelik gesê dat “die wêreld van geld” sy vyand is en dat hy minder sterk oor die 3%-reël voel. Ook wil hy veral die rykes ekstra belas.

Daarom is die markte senuagtig. Of dit geregverdig is, moet die toekoms uitwys.

Eerste kwartaal se werksyfers stel teleur
Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat vandeesweek bekendgestel is, het die hoop op ’n volgehoue styging in totale indiensneming in Suid-Afrika verydel. Ná die skerp daling in 2009 tydens die resessie het vlakke van indiensneming, ten spyte van ’n oplewing in ekonomiese groei, vir twee jaar feitlik konstant gebly. In die derde kwartaal van 2011 was daar egter ’n rekordstyging, met nog ’n styging in die vierde kwartaal. In die eerste kwartaal van 2012 het die aantal werkende mense egter weer met 75 000 teruggesak.

Vlakke van indiensname styg gewoonlik in die vierde kwartaal weens die seisoenale werk wat dan voorkom. Daar moes dus vir die eerste kwartaal se syfers gewag word om te bepaal of die stygende tendens wat in die derde kwartaal begin het, volgehou sou word. Die daling in die eerste kwartaal was nie groot genoeg om die vorige kwartale se stygings uit te wis nie, maar die momentum is gebreek.

Die amptelike werkloosheidskoers het in die afgelope kwartaal van 23,9% tot 25,2% gestyg en die breë werkloosheidskoers (wat ook in die amptelike dokumente gepubliseer word), wat ontmoedigde werksoekers insluit, het van 35,4% tot 36,6% gestyg. Dit beteken dat byna vier uit elke tien Suid-Afrikaners wat graag wil werk, nie geskikte werk kan kry nie.

Daar is steeds sowat 421 000 werkende mense minder as drie jaar gelede aan die begin van die resessie. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die aantal Suid-Afrikaners van werkende ouderdom (15-64 jaar) jaarliks met byna 500 000 toeneem.

Die ANC, Hollande en die ‘dom ekonomie’
“It’s the economy, stupid.”

Met hierdie uiters eenvoudige volksmond-slagspreuk het oudpres. Bill Clinton die kiesers se harte gewen in 1992 se verkiesing in ‘n tyd toe die Amerikaanse ekonomie gesteier het na afloop van die Koue Oorlog. Dit is ook die vernaamste kwessie in vanjaar se Amerikaanse en Franse verkiesings.

Terwyl Nicolas Sarkozy as president besuiniging en oppofferinge by die Franse publiek bepleit het, het hy sonder skaamte Franse sjampanje saam met sy miljardêr-vriende op hul seiljagte gedrink. Dit het die sosialistiese kandidaat, François Hollande, baie skietgoed gegee om mee te werk en hy is gister tot die nuwe Franse president verkies. Hollande het, nes Sarkozy, die gesiglose “elite” aangeval as als wat sleg is asof hierdie klein groepie die enigste sondebokke is en hul lyding die res se nood gaan verlig. Verder wil hy die land se besuinigingsmaatreëls, wat wel nodig is, omkeer en mense minder laat werk en meer afhanklik van die staat maak. Hy wil boonop die aftree-ouderdom met twee jaar verlaag (van 62 na 60) en sodoende Sarkozy se beleid ongedaan maak om die Franse, wat tradisioneel nie vreeslik lief is vir werk nie, meer produktief te maak.

Dit is wel so dat daar in gevestigde demokrasieë ‘n gereelde en gesonde magsoordrag van een party na die ander is. Dit hou elke party op sy tone om die beste moontlike beleide te boetseer om die publiek se guns te wen en hierdie mededinging is goed vir die mense en hul lande. Dit is egter ook so dat Hollande se beleide dié is wat Griekeland, Spanje en Italië in die pekel laat beland het. Terwyl die gemiddelde Griek nie later as op 55 aftree nie en dan van die staat af wil lewe terwyl hulle lekker op die strand lê, bots dit lynreg met die demografiese en ekonomiese tendense in die Weste. Die gemiddelde Westerling gaan langer lewe as sy voorgangers dus as ‘n Griek 90 of ouer gaan word, beteken dit hy het net sowat 30 jaar lank vir sy oudag gespaar en gaan dan nog bykans 40 jaar lank moet lewe. En die laaste 40 jaar gaan hy baie meer mediese sorg nodig hê. Die Weste se aanwaskoerse het ook aansienlik gedaal met al hoe minder jongmense om te werk om die groeiende groep oues te onderhou. In ‘n onlangse Reuters-peiling onder Amerikaners van werkende ouderdom is bevind meeste is van plan om later as 65 nog te werk en 11% is van plan om nooit op te hou nie.

Ewenwel, Hollande se beleide kan nie volhoubaar vir Frankryk wees nie. Meer mense moet aan die werk kom en minder staatsgeld verbruik, nie andersom nie. As mense meer staatshulp benodig, beteken dit twee goed: Hulle werk glad nie of verdien te min, en hulle gebruik ander mense se geld wat die regering aan hulle uit die staatskas gee. Hierdie verbruik is dalk ‘n goeie element vir welluidende verkiesingsveldtog-retoriek, maar dit skep nie werk nie. ‘n Land is nie ‘n bodemlose put van geld wat voor die voet vir elke burger kan gee sonder om ook bydraes te verwag nie. Groei kan nie deur onproduktiwiteit en gepaardgaande verbruik gestimuleer word nie, maar deur produktiewe mense met unieke kennis wat goedere en dienste ontwikkel en verkoop aan die publiek in die vrye mark. Die regering se plig is dus om ‘n gunstige omgewing te skep om werkgewers, wat toenemend multinasionaal is, te trek en skep en goeie werknemers te kweek. Dit moet die regering se eerste prioriteit wees terwyl maatskaplike dienste ook altyd nodig sal wees, maar geminimaliseer moet word. Die mantra is eenvoudig: Wat jy vir een persoon gee, moet deur ‘n ander verdien word.

Dieselfde geld die ANC en Suid-Afrika as land. Mike Schüssler het die naweek se Sunday Times se Business Times na aanleiding van onlangse navorsing gesê Suid-Afrika se geswelde staatsburokrasie stuur af op ‘n ramp. Hy voer aan dat staatsdienswerkers sonder enige kwalifikasies nou meer as universiteitsprofessors in Duitsland verdien. Hulle verdien ook meer as gekwalifiseerdes in Suid-Afrika se private sektor. Daarbenewens is sowat ‘n derde van die land totaal afhanklik van staatstoelae en het geen vooruitsig om uit die armoede-siklus te ontsnap nie. Hierdie mense stem byna sonder uitsondering vir die ANC omdat hulle ten minste iets kry van die staat af en te bang is om dit te verloor.

Terwyl staatstoelaes sekerlik ‘n edele doel dien omdat dit baie agtergeblewenes se enigste inkomste is, skep dit veel erger politieke en ekonomiese probleme. Baie mense het geen aansporing om ooit te begin werk want hulle is net-net gerieflik. Baie jong vroue wat dalk ‘n blink toekoms kon hê maar nie ouers het wat hulle goeie advies kan gee nie, besluit om eerder ‘n baba op 16 te kry, skool te verlaat en dus ‘n toelaag vir die baba te trek. Die persepsie dat daar ten minste íets vir hulle deur middel van staatstoelaes gedoen word, maak dat hulle die status quo handhaaf en die ANC by die stembus ondersteun. Hul stemme is dus byna uitsluitlik stemme vir sosialisme en herverdeling. Wat hulle nie besef nie, is dat die land ten minste solvent gehou is sedert 1994 deur die ‘n baie getemperde vrye mark en wyse besteding deur Trevor Manuel en Thabo Mbeki. Hulle bestee mense se geld wat in die vrye mark geskep is en stem daarenteen vir ‘n party wat daardie vrye mark op talle maniere aftakel.

Terwyl Suid-Afrika se ongeletterde massas sulke keuses vergewe kan word omdat hulle meestal van die staat afhanklik is en bloot net nie van beter weet nie, was dit ‘n hartseer dag toe die Franse, as ‘n uiters gesofistikeerde ontwikkelde volk, dit nie ingesien het nie. Ek stem heelhuids saam dat besuiniging tog saam met ekonomiese groei in werking gestel moet word om die ekonomie te laat gedy, maar Hollande en die ANC doen nie een van die twee nie. Die gemiddelde Franse persoon gaan nie meer wil verdien nie, want dan belas die staat jou bloot dat jy geen sosiale mobiliteit oor het verby ‘n sekere punt nie. Ek het die Franse verkiesing fyn dopgehou en wyd daaroor gelees en nêrens het Hollande uitgestippel hoe en in watter sektore hy werk wil skep nie. Hy het bloot teenoor die elite uitgevaar en blaam skep nie werk nie en gee desperate mense slegs valse gemoedsrus.

Hollande en die ANC gaan nie onderskeidelik Frankryk, Europa en Suid-Afrika se probleme met hul beleide red nie. “It’s the economy, stupid” word in hierdie gevalle bloot “the stupid economy” met goedgelowiges wat oorreed word dat hulle kan skep sonder ‘n teenprestasie. Groei, as dit gebeur, sal kom ten spyte van hul beleide.

Eugene Brink is navorsingshoof by die N.P. van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid by die FAK. Hy skryf in hierdie ruimte in sy persoonlike hoedenigheid.

Volgens die resep
Vanoggend kry ek ŉ resep per e-pos. Sommer net.

Sommige mense hou mos daarvan om resepte uit te deel. “Jy móét hierdie resep probeer!” is baie keer die woorde wat daarmee gepaard gaan.

Partykeer verras ŉ resep jou en ander kere kom dit nie heeltemal uit soos jy gehoop het nie. Baie resepte lyk lekkerder as wat hulle is (veral in tydskrifte). Soms flop die resep omdat al die bestanddele of stappe nie bygevoeg is nie.

Is dit nie maar so met ons lewens ook nie? Ander mense deel graag resepte uit oor hoe jy jou lewe moet lei of jou kinders moet groot maak. Hulle wil jou voorsê – want hulle weet mos watter resep werk.

As jy hulp benodig, is dit goed en wel dat iemand jou van raad bedien. As jy egter nie gevra het nie, moet hulle eerder die “resep” vir hulle self hou!

‘n Gepaste idioom: Moenie met iets aangedraf kom nie – Moenie ongevraagde inligting verskaf nie.

As jy sien iemand is besig om die pad byster te raak, gee gerus raad. As hy/sy egter verkies om nie na jou te luister nie, laat hom/haar begaan.

Ons elkeen het ons eie lewe om te lei en ons eie resepte om op die proef te stel…