b l o u t e

Administratiewe notas
…wat nie noodwendig jou aandag benodig nie.

Ek het besluit om algaande my internet nicks te harmoniseer.  Ek staan op verskeie plekke op die net bekend as sparrows, Sparrowhawk (of Sparrohawk, of ander variasies), bloute, bloumistiek, winterkind, ScarletSpittings en nog meer.  Sparrows is die een wat ek die meeste gebruik, maar dit is dikwels gevat, en dit is Engels, wat nie so lekker op Afrikaanse saits werk nie.  Ek kies nou winterkindt.  Die ‘t’ is omlat ‘winterkind’ in uitsonderlike gevalle ook gevat is.  Dit ‘t’ help ook vir Ingelse en ander vreemdes om dit min of meer reg uit te spreek.

Soos julle kan sien het ek besluit om weer te blog.  Ek is egter nog nie behoorlik geïnspireer nie.  Dit vat gewoonlik ‘n tydjie.  Bekyk hierdie spasie.

Ek oorweeg dit om nog al die e-posse uit te stuur vir my verwaarloosde eksperiment.  Dink julle mense sal nog reageer?

Ek het heeltemal te veel werk vir myself geskeduleer vir hierdie vakansie.

Sedert my weggaan is daar ‘n paar baie nice nuwe blogs.  Dis mooi om te sien.  Die blogroll is vervolgens bygewerk.

you have no chance to survive make your time
*ahem*

Wanneer iets vanaf Engels na Afrikaans vertaal word is dit effe belangrik dat die vertaler Afrikaanssprekend is, en verkieslik die gepaste opleiding het.  Nie ‘n Engelsman wat Afrikaans in matriek deurgeskraap het en ‘n tweetalige woordeboek in die hand gestop is nie.

Advertensie op News24:

‘n Gratis Facebook poke vir die een wat die oorsprong van die titel kan raai.

‘n Eksperiment
Ek wil graag ‘n eksperiment doen, en ek het julle hulp nodig.  Dit handel oor astrologie - ek wil ‘n bietjie die akkuraatheid daarvan toets, op ‘n meer wetenskaplike basis as wat dit normaalweg bespreek en oor gestry word.  ‘n Kennis van my het eenkeer ‘n soortgelyke studie van haar eie gedoen, maar ek het nooit die resultate gesien nie, en ek dink dit kan nogal interessant wees om dit self te doen.

Om deel te neem sal op die meeste 10 minute van jou tyd opneem.  Hier is hoe dit sal werk:  Jy gee my jou sterreteken, en ek sal vir jou drie persoonlikheidsbeskrywings stuur wat jy op ‘n skaal van 0 tot 10 punte moet toeken vir hoe goed dit jou beskryf (0 vir heeltemal af, 10 vir heeltemal akkuraat).

Om deel te neem, los ‘n asseblief comment op hierdie post, en verskaf jou sterreteken (in Engels, asseblief - ek ken nie die Afrikaanse name nie).  As jy nie weet wat joune is nie, gee net jou verjaarsdag.  Sê ook op ‘n skaal van 0 tot 5 hoeveel jy van jou sterreteken af weet.  Jy kan gerus ‘n skuilnaam gebruik - ek benodig net jou korrekte e-pos adres om die inligting vir jou te stuur.  Elke beskrywing sal ‘n kode-letter hê (om dinge vir my te vergemaklik), so jou respons sal omtrent so iets wees:

A 8; F 4; T 6.

(Die letters is lukraak)

Baie belangrik:  Moenie die beskrywings wat jy ontvang met enigiemand anders bespreek voordat julle albei vir my julle response gestuur het nie.  Moet dit ook nie met bestaande beskrywings vergelyk voor jy punte toegeken het nie, of voor die tyd gaan oplees oor jou sterreteken nie.

Hoe meer mense reageer, hoe beter, so vertel gerus vir jou maatjies hiervan.  Afhangende van hoeveel mense reageer, sal ek seker oor so week die comments sluit, of wanneer ek dink ek het genoeg.

Nota: Ek weet hierdie is dalk nie heeltemal wetenskaplik of statisties korrek nie, maar dit sal darem ‘n idee gee.

Stryd teen grys kom nader
As enigiemand in Stellenbosch vanaand vir my wil kom ontmoet en my gelukwens met nog ‘n jaar van oorlewing, kan julle my van so 9uur se kant by Mystic Boer probeer vind.  Afhangend van hoe sadisties en entoesiasties my vriende is, mag ek egter dalk nie ‘n toestand wees om ‘n goeie eerste indruk te maak nie.

Maatjie se blog
Ek het daarin geslaag om een van my regte-lewe vriendinne te oorreed om te begin blog, met verbasend min moeite.  Haar naam is Jacolene, sy vertoef tydelik in Londen en haar blog is hier.  Gaan sê vir haar hello dat sy welkom voel in die blogosfeer, toe?

Rian, Valiant, Koos en baie Tas
Ek het lanklaas so lekker musiek geluister soos gisteraand.  Ek kan amper nie glo dat ek dit oorweeg het om nie te gaan nie.

Die Woordfees is mos nou aan die gang hier in Stellenbosch.  Dis fantasties - basically ‘n mini-KKNK, albeit sonder die moerse feesatmosfeer, maar die gemiddelde IK van die feesgangers is heelwat hoër.  Dit beteken geen Kurt Darren, Nicholis Louw, Dowwe Dolla of ander derglikhede nie.  Gisteraand was dit die beurt van Troebatoer by die Klein Libertas Teater se buiteverhoog, ‘n aand van musiek deur Rian Malan, Valiant Swart en Koos Kombuis, en die voorlees van ‘n paar skrywes oor reise tussenin.  Dis die eerste keer wat ek Rian Malan gehoor het saam met sy female vocalist - sy gee ‘n strelende gevoel aan sy musiek, en maak dit meer volledig.  Dis hoog tyd dat hy nog ‘n CD uitbring.  Valiant se akoestiese set was ook lekker om te kyk, maar ek dink hy werk beter saam met ‘n band.  Maar almal was natuurlik daar om vir Koos te kom kyk.

Ten spyte van die feit dat ons ‘n bietjie laat was, kon ek en Anri ‘n lekker plekkie op die gras, naby die verhoog kry.  Ons het gevoel dat dit verkeerd sou wees om enigiets anders as Tassenberg by ‘n Koos gig te drink.  Teen die tyd wat hy aan die beurt was, was ons al besig met ons tweede bottel (ek voel nie baie lekker vandag nie).  Koos het ‘n nuwe band wat saam met hom speel, en hulle gee aan sy musiek ‘n gevoel van afgerondheid wat ek nog altyd gemis het.  Dis ‘n baie unieke ervaring om hom live te sien speel.  Hy het ‘n amper enigmatiese status, maar wanneer hy speel is hy steeds net die Koos wat ‘Seks, Drugs & Boeremusiek’ geskryf het.

Die aand is afgeskop by Die Mystic Boer, en is ook daar afgesluit.

Ek sou ook wou beskryf presies hoe warm dit vandag is, maar ek sou dalk lesers sensitief vir kru taal ontstig.

Geteken deur Koos Kombuis, Rian Malan en my maatjie Anri.

My twee sent oor De La Rey
Ja, ek het ook ‘n opinie, en ek sal dit nou maar laat hoor, selfs al is almal al moeg vir die hele storie.

Eerstens, dis ‘n baie cool liedjie.  Die eerste keer wat ek dit gehoor het, so begin Desember rond, het ek ook die musiekvideo gesien.  Dit was effe hartroerend.  Die wysie is catchy, die trommars is effe somber, en die repeterende “De la Rey, De la Rey” slaan die gemoed van die liedjie diep in jou hart in.  Ek het myself eintlik, soos Koos Kombuis, verbaas dat ek actually ‘n knop in my keel gekry het.  Ons het mos aanbeweeg van die vierkleur en nasionalisme en al daai goed, nie waar nie?

Ja, ons het.  Die liedjie gryp ons nie aan as gevolg van ‘n versugting na die apartheid verlede nie, my liewe donner, dit gryp ons aan omdat dit beide ‘n hartseer en ‘n trotse episode van ons geskiedenis uitbeeld.

Dit is nou maar eenmaal ‘n hartseer feit dat ons ganse begrip van ons geskiedenis met ‘n nasionalistiese kwas geverf is.  Dus, selfs al het die res van ons aanbeweeg, sal enige vorm van Afrikanertrots in die publiek ook by die regses aanklank vind, en hulle sal die ou vlag waai en skree, “lank leef die Boere, fok al die res!”.  Selfs al word daar gewerk net vir Afrikaans, met die wittes, bruines en swartes almal ingesluit, sal die regses die ding wil kaap.  Ek dink almal, en veral die media, moet nou daaraan gewoond raak.  Soos hierdie artikel uitwys, die ver-regses maak maar ‘n klein deeltjie van ons volkie uit.  En hulle kry heeltemal te veel publisiteit.  Dit is hoogstens in individuele kwessies wat die res van ons met hulle saamstem, en in daardie gevalle moet die media ook ‘n gereelde logiese fout besef - net omdat Hitler ‘n vegetarieër was, beteken dit nie alle vegetarieërs haat Jode nie.

Dit alles gesê, De La Rey word heeltemal te veel gespeel, en die gevaar bestaan nou dat ek gatvol daarvoor raak.

Ebrahim Rasool se blog
Dis dalk ou nuus vir sommiges, maar ek dog maar net ek plaas ook ‘n skakel.

Ebrahim Rasool het nou ‘n blog.  Ek dink dis nogal braaf van hom, en ek dink hy sal binnekort agterkom dat dit meer van sy tyd opneem as wat hy eintlik het…  Maar nouja, hy het sover spoedig gereageer op die kommentaar wat gelos is, en ek sien uit om so bietjie met hom te debatteer.

(ongetiteld)
Volgens Tania kwalifiseer die volgende nie as poësie nie:

Ek hou van die maan,

die maan is cool.

Dalk kan Johan kommentaar lewer?

Ek is gelukkig
Ek sit op die oomblik in ‘n koffiewinkel in die quaint Stellenbosse middedorp, en werk vir die eerste keer in sowat ‘n maand op my eie rekenaar terwyl ek internettoegang het.  In my lyn van sig is verskeie mense besig om te kuier, van ou mense in hul 60s wat sit en rook en in die verte instaar, tot studente wat hul naweke bespreek.  En dan is daar natuurlik die boetieks en ander duur winkeltjies wat gesofistikeerde ware aanbied vir toeriste en die upperclass mense van Stellenbosch.  Ek drink ‘n glas witwyn en kuier met mense in verre lande wat entoesiasties uitvra oor my doen en late.

Vir die eerste keer in omtrent twee jaar is ek heeltemal by met al my werk, en geniet ek my kursus.  En ek voel al amper heeltemal tuis waar ek woon.

Ek het heelwat om te vertel, maar ek sal dit ‘n ander tyd doen.  Ek is vandag net rustig, en gelukkig, en ek het gevoel ek moet dit opteken.