Roekeloos.co.za

Kerk Straat gee nuwe lewe aan Karen Zoid se Engel
Daar is sekere liedjies wat nie net deur ’n generasie onthou word nie, maar deel word van mense se stories. Karen Zoid se “Engel” is een van hulle. Nou gee die Afrikaanse band Kerk Straat dié bekende treffer ’n vars rock-aanslag met ’n weergawe wat die hart van die oorspronklike respekteer, maar onmiskenbaar hulle eie stempel dra.
Die besluit om “Engel” aan te pak, het eintlik heel natuurlik ontstaan. Kerk Straat het die lied aanvanklik bloot by hulle lewendige repertoire gevoeg omdat die koor hom so goed tot saamsing leen.
“Dit het eerstens ’n lekker singalong-koor,” vertel die groep. “Die oorspronklike snit is ook baie akoesties, wat vir ons die ruimte gegee het om regtig ons eie stempel daarop te plaas. Toe ons die terugvoer van die crowds begin sien, het ons geweet hier is iets met potensiaal.”
Daardie gehoorreaksie is veral gepas vir ’n lied waarin die idee van saamsing so sentraal staan. Die woorde “as ek sing dan sing jy saam” het vir Kerk Straat ’n nuwe betekenis gekry sedert hulle dit as groep begin uitvoer het.
“Vir ons gaan dit oor daardie gevoel van eenheid en ondersteuning — nie net binne die band nie, maar ook tussen geliefdes. Toe ons die lied live begin speel en mense saam met ons begin sing, kon ons daardie gevoel definitief ervaar.”
Hoewel hulle die verwerking hulle eie gemaak het, was dit belangrik dat die
oorspronklike storie nie verlore gaan nie. Hulle probeer daarom nie bepaal wie die
“engel” in die lied is of Karen Zoid se bedoeling namens haar herskryf nie.
“Engel is vir wie ook al Karen die song geskryf het. Ons probeer glad nie haar storie verander nie; ons wil dit net op ’n nuwe manier vertolk. Ons love dit wanneer mense hulle eie interpretasie daarvan skep.”
En daarin lê juis een van die redes waarom die lied ná al die jare steeds so sterk
aanklank vind. Die emosie is universeel: om iemand lief te hê, bang te wees om hulle te verloor en terselfdertyd te weet dat mense soms moet gaan.
Die reël “Jy is ’n engel en ’n dief” som vir die groep dié teenstrydigheid perfek op.
“As ’n mens wil ontvang, moet ’n mens ook kan gee. Maar die woord ‘dief’ het my
onmiddellik laat dink aan iemand wat jou hart gesteel het.”

Net so dra “Hou my vas wanneer jy gaan” vir hulle die pynlike paradoks van liefde: die begeerte dat iemand jou steeds moet vashou, selfs wanneer jy weet hulle is op pad weg. “Dit gaan absoluut oor liefde. Dit is daardie smeek van ‘bly’, wanneer iemand eintlik moet gaan.”
“Engel” se emosionele trefkrag lê egter nie net in sy groot romantiese temas nie. Die lirieke beweeg gemaklik tussen verlange en eensaamheid en doodgewone verwysings na vriende, nikotien, motors, sop en Afrikaanse kultuur.
Volgens Kerk Straat is dit juis dié alledaagsheid wat die lied so toeganklik maak.
“Dit bring die song terug aarde toe. Terselfdertyd bind dit mense saam, want die beelde is so universeel dat amper enigiemand met die lirieke kan vereenselwig.”
Die verwysing na Koos Kombuis het ook ’n besondere plek in hulle harte. Die groep beskryf hulself as nostalgiese mense wat graag iets van vroeër in hulle eie musiek en stories behou.
“Ons is groot fans van Koos. Die feit dat hy in die song genoem word, het amper gevoel soos ’n bewys dat hierdie lied vir ons bedoel is. Karen skryf ook oor Potchefstroom — ons dorp — en dit het net weer daardie bevestiging gegee.”
Wanneer ’n mens egter ’n bekende Afrikaanse lied aanpak, is daar altyd die uitdaging om iets nuuts daarmee te doen sonder om te verloor wat mense in die eerste plek liefgehad het. Kerk Straat is deeglik bewus daarvan.
“Afrikaanse luisteraars is eintlik nogal puriste, so dit is ’n baie fyn lyn. Vir ons was die eenvoud van die oorspronklike weergawe ’n uitnodiging. Dit het vir ons ’n raamwerk gegee waarbinne ons meer van ons eie styl kon insit.”
Die groep het die oorspronklike sleutel effens verlaag sodat dit beter by die vokale pas, nuwe instrumentale elemente bygevoeg en die lied uiteindelik behoorlik “uitgerock”. “Hoe dit nou klink, is presies hoe ons dit sou speel as ons die lied net een keer gehoor het en daarna self moes probeer speel.”
Die musiek is deur die emosie van die lirieke gelei. Waar die verteller stil word en alleen wag, en later weer alleen agterbly, het elke lid daardie eensaamheid op sy eie manier benader. Die doel was nie om die luisteraar te vertel presies wat om te voel nie, maar om ’n musikale wêreld te skep waarin meer mense hulself kan herken.
Sekere lirieke tref die bandlede ook persoonlik. Vir Christo staan die eenvoudige maar ontblotende woorde “Ek huil gewoonlik as ek baklei” uit. Vir Jason is dit “Toe word ek stil en wag alleen.”

“Sometimes you will be fighting your own inner thoughts, and it can be scary, but
sometimes all you need is the right person to come along,” verduidelik Jason. Hy vertel ook dat woorde van aanmoediging van ’n geliefde dikwels jare later nog by hom bly — iets wat die reël oor iemand se woorde wat aan jou “klou” besonder persoonlik maak. Die oomblik waarop Kerk Straat geweet het die verwerking het uiteindelik werklik húlle “Engel” geword, het eers ná die opname gekom. “Die dag nadat ons alles in die studio opgeneem het, het ek die song op ons groep
gestuur. Vir die eerste keer kon ons almal ’n tree terugstaan, daarna luister en regtig
besef dat ons ons stempel daarop gesit het.” En sou hulle ooit die kans kry om Karen Zoid self iets oor die lied te vra? Hulle eerste antwoord kom met ’n glimlag: “Of sy nie ’n nuwe weergawe saam met ons wil release nie — ’n collab!”
Maar daaragter lê opregte bewondering vir die oorspronklike kunstenaar en haar
skryfwerk. “Op ’n dieper noot sou ons graag meer wou weet oor haar inspirasie en kreatiewe proses. Die oorspronklike weergawe is baie toned down en gestroop, en dit vat baie braafheid en sekerheid om ’n lied só aan te bied.”
Met hulle weergawe van “Engel” probeer Kerk Straat dus nie om ’n geliefde klassieke Afrikaanse lied te vervang nie. Hulle bied eerder ’n nuwe manier om dit te beleef — harder waar dit harder kan wees, groter waar die emosie daarvoor vra, maar steeds getrou aan die kwesbaarheid wat die oorspronklike so besonders gemaak het.
Wanneer die laaste “roep ek jou naam” uiteindelik wegsterf, het die groep net een
eenvoudige wens vir die luisteraar: “Ons hoop hulle wil die song sommer dadelik nog ’n keer luister — en dat hulle hierdie nuwe interpretasie van ’n ou treffer geniet.”

Kerk Straat Engel

Ek sien jou
Na die vrystelling van haar vorige enkelsnit “Klein Dinge” en die sukses van haar debuutenkelsnit “Masker” keer die Suid-Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer, skrywer en spreker Felécia Pretorius van Lydenburg terug met haar mees betekenisvolle projek nóg: “Ek Sien Jou” – ’n lied wat die beginpunt vorm van ’n groter beweging wat mense uitnooi om weer met hul harte na mekaar te kyk.

In ’n wêreld waar mense maklik verby mekaar leef, wil Felécia luisteraars en kykers herinner om verder as die oppervlak te kyk – om die mens agter die glimlag, die pyn, die stryd en die omstandighede raak te sien.

“Ons kyk elke dag na mense, maar sien ons hulle werklik? ‘Ek Sien Jou’ is my uitnodiging om stadiger te kyk, dieper te luister en met jou hart na iemand anders te kyk.”

Die lied is die hart van die groter EK SIEN JOU-beweging, wat musiek, ’n interaktiewe boek en ’n dokumentêre getuienisreeks kombineer om gesprekke rondom empatie, emosionele genesing, verhoudings, hoop en menslike verbondenheid aan te wakker.

Die projek word verder uitgebrei deur ware stories van mense wat buitengewone uitdagings beleef of ‘n buitengewone verskil in die wereld maak.
Deur hierdie getuienisse wil Felécia nie bloot stories vertel nie, maar mense bewus maak van wat dikwels agter die oppervlak van iemand se lewe aangaan – en herinner dat ’n mens se gebrokenheid nie sy of haar waarde wegneem nie.
’n Belangrike simbool binne die projek is Kintsugi, die Japannese kuns om gebreekte keramiek met goud te herstel. Die krake word nie weggesteek nie, maar deel van die voorwerp se nuwe verhaal.

Hierdie beeld vorm ook deel van die visuele identiteit van EK SIEN JOU en dra die boodskap: Ons krake maak ons nie minder waardevol nie.

As deel van die bekendstelling word die Ek Sien Jou Cups Challenge ook geloods, waar kinders, jongmense en volwassenes hul eie “cups” percussion-ritme op die lied kan skep en op sosiale media deel.
Die uitdaging bied ’n totale prys van R15 000 – R10 000 vir die wenner en R5 000 vir ’n skool wat deur die wenner genomineer word. Inskrywings is oop tot 31 Januarie 2027.

Vir Felécia is EK SIEN JOU uiteindelik meer as musiek – Dit is ’n uitnodiging om weer bewus te word van die mense rondom ons – om minder vinnig te oordeel, meer te luister en ruimte te maak vir mekaar se stories. Want soms is die woorde wat iemand die nodigste het, eenvoudig:

“Ek sien jou.” Ek hoor jou. Jy is nie alleen nie.

Ek sien jou – Felecia Pretorius

Hakkkk in
Daar is liedjies wat jou laat glimlag, en dan is daar liedjies wat met ’n ligte aanslag ’n baie dieper boodskap in jou hart los. Die jong opkomende kunstenaar Leoné se nuwe enkelsnit, “Hakkkk In”, doen presies dit.
Met ’n speelse titel, ’n aansteeklike koor en ’n storie wat flirt, humor en opregte liefde saamweef, is “Hakkkk In” ’n vars popliedjie oor aanvaarding, eienaardighede en die tipe liefde wat nie wag vir perfeksie nie.
Vir die 16-jarige sangeres en liedjieskrywer van Wellington het die idee vir die lied op ’n heel spontane manier ontstaan. “Dis eintlik nogal ’n funny storie,” vertel Leoné. “Ek was op pad terug van ’n fees in Balfour en het agter in die kar gesit. Ek het heeltyd gedink aan die ou wat my soundcheck daardie dag gedoen het. Toe begin ek net op my kitaar tokkel, en toe begin die idee vir ‘Hakkkk In’ vorm. Partykeer kom die beste liedjies op die mees random tye!”
Die lied is geïnspireer deur daardie spesifieke ontmoeting – ’n vriendelike jong man wat haar soundcheck behartig het en, soos sy later opgemerk het, ’n bietjie gehakkel het. Vir Leoné was dit egter nie iets wat hom minder gemaak het nie. Inteendeel, dit was juis sy vriendelikheid, gemaklikheid en opregtheid wat by haar vasgesteek het. “Hy het net vasgehak in my brein… en ook in my hart,” sê sy. “Omdat hy hakkel, het alles net begin saamval. Skielik het die idee vir ‘Hakkkk In’ net sin gemaak.”
Met lirieke soos “al hakkkkkkel jy ’n bietjie, hak hier in by my” en “jy klink mooi vir my”, draai Leoné die idee van ’n onsekerheid om en maak dit iets liefdevol, mooi en menslik. Die lied vier daardie klein dinge wat mense soms van hulself wil wegsteek, en herinner luisteraars dat liefde nie oor foutloosheid gaan nie.
Volgens Leoné is die kernboodskap van die lied eenvoudig, maar kragtig: “You are
perfect within your imperfections.” “Ek wou hê mense moet voel hulle hoef nie perfek te wees om liefde te verdien nie,” verduidelik sy. “Ons almal het dinge wat ons anders maak, onsekerhede of goed wat ons wens ons kon verander. Maar die regte mense gaan nie daarvoor wegstap nie – hulle gaan juis daardie dele van jou raaksien en steeds kies om by jou te bly.”

Hoewel “Hakkkk In” met ’n flirterige, ligte energie begin, ontwikkel die lied na iets baie meer betekenisvol. Die speelse begin word later ’n sagte belofte van verbintenis, veral in die liriek: “Hand in hand stap ons saam deur die lewe.”
Vir Leoné gaan ware liefde oor meer as net ’n romantiese gevoel. Dit gaan oor kies, bly en aanvaar. “Ware verbintenis gaan vir my oor volle commitment,” sê sy. “Nie om net daar te wees wanneer alles maklik is nie, maar om langs iemand te bly staan, selfs wanneer die lewe moeilik raak. Jy kies daardie persoon, elke dag, deur die goeie én die moeilike tye.”
Die lied se klank is lig, vars en maklik om saam te sing, met ’n refrein wat vinnig in jou kop bly vassteek. Tog lê daar agter die oulike woordspel en aansteeklike melodie ’n boodskap wat vir Leoné baie persoonlik is. Sy hoop dat mense wat soms anders, ongemaklik of onseker voel, hulleself met meer genade sal sien wanneer hulle na die lied luister.
“Ek hoop hulle verstaan dis okay om nie perfek te wees nie,” sê sy. “Dis okay om foute te hê. Meeste van die tyd is dit nie eers dat daar iets fout is met ons nie – ons is net onseker oor onsself. Ek hoop die lied help mense om hulleself ’n bietjie meer met genade te sien.”
Vir paartjies hoop sy “Hakkkk In” sal meer wees as net ’n oulike liefdeslied. Sy hoop dit sal hulle herinner om mekaar lief te hê soos hulle is, met al die klein foute, gewoontes en eienaardighede wat elke mens uniek maak.
“Ware liefde wag nie vir perfeksie nie; dit kies mekaar elke dag,” sê sy. “En natuurlik hoop ek die lied gee hulle sommer ’n verskoning om ’n bietjie te sokkie!”

Leoné is ’n jong kunstenaar met ’n groot hart vir musiek en ’n duidelike doel. Sy het reeds op vyfjarige ouderdom met formele opleiding en verhoogoptredes begin en het sedertdien haar liefde vir sang, skryf en optree verder ontwikkel. As ’n kranige liedjieskrywer skep sy haar eie oorspronklike materiaal en gebruik sy musiek as ’n manier om stories te vertel wat mense kan raak.
Vir hierdie Wellingtonse kunstenaar is musiek nie net ’n droom nie, maar ’n roeping. Sy wil luisteraars inspireer, hoop gee en ’n positiewe verskil in mense se lewens maak.
“Hakkkk In” pas perfek by wie Leoné tans as kunstenaar is: liefdevol, eerlik, speels, menslik en altyd op soek na die dieper betekenis agter ’n melodie.
“Ek hoop mense onthou dat ek liefdevol is, eerlik is en ook net mens is,” sê sy. “Ek het my eie foute en onsekerhede, nes enigiemand anders. Ek wil nie net liedjies maak wat lekker klink nie; ek wil liedjies maak wat iets in mense se harte los.”

Met “Hakkkk In” bewys Leoné dat ’n lied speels en prettig kan wees, maar steeds ’n boodskap kan dra wat bly. Dit is ’n vars, romantiese popsnit oor iemand wat nie perfek hoef te wees om mooi te klink nie – en oor liefde wat sê: hak hier in, net soos jy is.

3 Tips for Cable Management in Home Offices and Gaming Rooms
Cable management is an admirable endeavour. In more down-to-earth terms, however, it’s a massive chore that feels endless until finally – 3 hours after you initially thought you finish – you realise, “that’s it…that’s the last one”. Coincidentally, it’s a great chore to take on if you want to put yourself off ever buying another device, gadget, or piece of tech ever again for fear of yet another USB-variant making its way into the midst.

But don’t let that put you off. Once you’re there, nothing will ever stop you from keeping things organised,d and you’ll finally put behind you the days of tangling your feet up in a forest of cables just to sit at the computer, pushing wires off your desktop when they keep drifting back over your mouse and keyboard, and staring resentfully at the hideous heap of wires dangling down the back of your desk and visible from just about every area of the house…somehow.

Here are some tips to get you where you want to be.

1. Don’t take this one when you’re looking to tick things off your To Do list
In case that introduction didn’t make it clear enough, this is a big job. It’s not going to take you days, but it will take you a couple hours of solid focus and effort to get it done. Starting it when you just want to get on top of the odd jobs around the house is a recipe for disaster, since you’re likely to give up soon after the going gets tough and not come back to it until, finally – someday – you sell the house and move onto the next one.

Make a coffee or juice, pull all distractions and obstacles out the way, and be prepared to spend a couple hours following wires back to their sources.

2. A wireless mouse will make things way simpler
If you don’t like cables, then no amount of effective management can overcome that one universal pain point: the mouse cable with a mind of its own, creating unwanted drift when you’re playing video games or getting caught under itself at those times when you need to click faster than usual. MMORPGs, strategy games, online slots SA, and battle royales all have one thing in common: a smooth, friction-free mouse experience is a make or break factor.

Other cables are easily managed: you can cable tie them, or use painter’s tape to attach them to the back of the desk. But a computer mouse needs plenty of flexibility and movement, and you can’t resolve that with a cable tie.

3. Command strips are sometimes better than cable staples
Command strips are generally easy to remove, and can be used to guide wires along the baseboards in the same way cable staples are. The benefit of cable staples is that they’re slightly less bulky, and tend to blend with the cable/baseboard better than command strips do. Then again, command strips are renter friendly (or friendlier, since, every so often, one proves difficult to remove without damaging the paintwork).

Command strips are also great if you need to guide the cables around furniture, since most people don’t want to put a series of pinholes in finishes that aren’t easily painted over in the future.

Angels in Africa
WGRUV Dance Company, die professionele kontemporêre balletgeselskap gestig deur artistieke direkteur Holly Gruver, sluit hul 2026-seisoen af ​​met Angels In Africa – ’n program van drie werke wat in November by die Mandela Bay Opera House in Gqeberha (5 tot 8 November) open. Daarna beweeg die geselskap noord vir vertonings tydens die feestyd by die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kuns en Kultuur (12 tot 15 November) en die Roodepoort-teater (15 tot 20 Desember).

Die aand begin met Reverence, uitgevoer op die musiek van Robert Schumann se Symphonic Studies, Op. 13. Choreograaf Jessica Lang beskryf die werk as “my definisie van ballet” – ’n stuk wat geskep is om ervaar te word, eerder as verduidelik.

Die produksie gaan voort met Prayer, ’n verbeeldingryke werk deur Lex en Holly Gruver. Dit nooi die gehoor uit om verby die voor die hand liggende te kyk en kommunikeer diepte deur middel van bewegings wat kenmerkend is van WGRUV se kontemporêre styl.

Die program sluit af met die Suid-Afrikaanse première van Diversion of Angels, die baanbrekersballet uit 1948 deur die Amerikaanse pionier van moderne dans, Martha Graham. Die werk, wat opgevoer word tydens die eeufeesjaar van die Martha Graham Dance Company, verken die verskillende stadiums van liefde – die jeugdige, die romantiese en die volwasse fase – in een onvergeetlike komposisie.

Angels in Africa

Sing: ‘n Musikale reis tussen twee tale
Pietman Geldenhuys is ‘n musikant, liedjieskrywer, komediant, akteur, aanbieder (OppieStoep en Landbouweekliks), storieverteller en selfs ‘n Skotse karakter (Peter Mitchell). Sy talent as liedjieskrywer is bekroon met ‘n Ghoema-toekenning vir Liedjieskrywer van die Jaar, terwyl een van sy albums ook benoem is vir ‘n SAMA-toekenning as Kontemporêre Album van die Jaar. In hierdie unieke 75-minute produksie laat Pietman die die musiek die hoofrol speel, met die stories wat dit afrond. Met ‘n versameling van sy eie Afrikaanse en Engelse liedjies neem hy gehore op ‘n persoonlike, opregte en musikale reis deur sy wêreld van woorde, melodieë en herinneringe.

Twee tale. Een kunstenaar. ‘n Aand waar die musiek die stories vertel.

Die Boer teater restaurant in Durbanville op 3 November om 20:30

Kaartjies: R220 en beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

Pietman Geldenhuys

The Legacy of Dance Gala
Kaapstad maak reg vir ’n dansfees. Agt plaaslike dansgeselskappe deel die kollig met Anna Ol en Jan Špunda, sterre van die Nederlandse Nasionale Ballet.

Met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes wat die musiek verskaf kan gehore uitsien na ikoniese choreografie deur George Balanchine en Martha Graham in bekroonde Suid-Afrikaanse werke.

Die gala bring hulde aan plaaslike dansers wat besig is om hul merk op die wêreldverhoog te maak. ’n Skitterende viering van talent en erfenis..

Wanneer: 24 en 25 Oktober
Waar: Artscape Operahuis, Kaapstad
Kaartjies: R350–R550

The Legacy of Dance Gala

Dian Roux terug met aangrypende enkelsnit
Dian Roux keer terug met ’n aangrypende nuwe enkelsnit, “Groet” — ’n eerlike,
afskeidslied oor die pynlike oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is om twee mense bymekaar te hou nie.
Met lirieke wat sny tot op die been en ’n produksie wat die emosie van die storie
versterk, vat “Groet” luisteraars na daardie stil, koue plek ná ’n verhouding se
breekpunt: ’n woonstel vol herinneringe, reën teen die venster, die drang om iemand te bel, en die besef dat groet soms die enigste manier is om jouself te red.
Die lied het vir Dian begin in ’n baie gewone, maar diep persoonlike oomblik.“Hierdie lied het begin in my ou werk se kantoor waar ek een oggend gedink het aan hoe jy een oomblik iemand se held is en die volgende oomblik moet jy hulle groet om jouself en jou toekoms te beskerm,” vertel hy. “Groet” ondersoek die spanning tussen bly en loop, troos en loslaat, liefde en selfbehoud. Die kernvraag in die lied — “Was ons net geleen?” — dra volgens Dian die gedagte dat sommige mense dalk net in jou lewe verskyn om jou iets te leer, eerder as om vir altyd te bly.
“Binne die konteks van die lied beteken dit daai wonder van of hierdie twee mense
eintlik net mekaar ontmoet het om ’n les te leer en die regte een wag nog daar buite,” sê hy. Die lirieke is gevul met alledaagse beelde wat groot emosionele gewig dra: hare op ’n kussing, klere in ’n kas, ’n koue woonstel, drome wat soos tronkstawe begin voel. Vir Dian is daardie klein besonderhede ’n belangrike deel van eerlike liedjieskryf. “Ek probeer altyd my oë oophou vir klein goed wat mense eintlik nie besef ’n impak op hulle het nie,” verduidelik hy. “Daar’s altyd ’n oomblik wat iemand iets klein sien of hoor wat hulle direk aan ’n sekere oomblik laat dink.”
Een van die lied se mees rou reëls — “Ek’s alweer dronk, dit raak ’n gewoonte” — wys dat Dian nie probeer om die seer mooier te maak as wat dit is nie. Hy skryf doelbewus vanuit eerlike, menslike emosie. “Ek skryf altyd oor die regte dinge wat deur my kop gaan en in my hart is, want ek’s ’n mens,” sê hy. “Ander mense gaan hierdie liedjie luister en direk kan sê hulle verstaan daai gevoel. As ek oor vals emosie skryf, sou niemand regtig kon voel wat in my musiek aangaan nie.”

Hoewel “Groet” sterk elemente van ’n liefdeslied bevat, beskryf Dian dit eerder as ’n afskeidslied. Dit vertel die storie van iemand wat steeds wil troos, steeds wil bly, maar diep binne weet dat die regte besluit dalk is om totsiens te sê. “Dis meer ’n afskeidslied,” sê hy. “Maar dis ook iemand wat in die oomblik lewe waar hy
wonder of hy by sy besluit moet staan om totsiens te sê, wat beteken hy red homself, of of hy moet probeer om die ander persoon se hart eers te troos.”
Die frase “vanaand sal jy jou held moet groet” is een van die mees treffende oomblikke in die lied. Vir Dian verteenwoordig die “held” die persoon wat die verhouding beëindig — nie uit hardheid nie, maar uit noodsaaklikheid. “Die held verteenwoordig die persoon wat die verhouding beëindig, in hierdie geval ek,” sê hy. “Net om hulself en hul eie drome te beskerm en weer vrede te vind in wie hulle werklik is.”
Die produksie van “Groet” is doelbewus opgebou om die emosionele intensiteit van die lirieke te ondersteun. Dian en sy vervaardiger, Francois, het daarop gefokus om regte instrumente, groter klanke en vokale lae te gebruik, eerder as om die lied eenvoudig en kaal te hou. “Ek het probeer dat ons soveel regte instrumente in die produksie gebruik as moontlik, maar om ook groter klanke en meer stemme in te bring,” sê Dian. “Dit laat die emosie van die woorde net bietjie meer uitstaan en tref.Ten spyte van die emosionele gewig van die lied, was “Groet” een van die vinnigste liedjies wat Dian nog geskryf het. Volgens hom was die gevoel reeds daar — hy moes dit net uitkry. “Dit was een van my vinnigste liedjies nog,” vertel hy. “Die liedjie was klaar in my kop, ek moes hom net uitkry. Ek dink ek het 45 minute geskryf een oggend voor werk en dis wat daaruit gekom het.”

Met “Groet” gee Dian Roux vir luisteraars ’n lied wat nie probeer wegkyk van pyn nie, maar eerder ruimte maak daarvoor. Dit is ’n lied vir mense wat al moes besluit om iets, of iemand, te groet — nie omdat die liefde nooit daar was nie, maar omdat vrede, groei en selfbehoud soms belangriker word as vashou. “Ek hoop mense kan die liedjie luister en net voel wat hulle in die oomblik moet,” sê Dian. “As hulle wil huil, doen dit tot die hartseer weg is.” Hy beskryf “Groet” in een sin as “van begin tot einde ’n emosionele rollercoaster” — een wat hy hoop iets vir mense sal
beteken in die oomblik waar hulle besef dit is tyd om iets te groet om hulself te bewaar.

Dian Roux

Durban beplan ‘n superjag-hawe
Die eThekwini-munisipaliteit beplan om Durban te vestig as ‘n toonaangewende Afrika-bestemming vir superjagte, sowel as ‘n spilpunt vir verwante dienste.

Die KwaZulu-Natal-superjag-hawe vorm deel van ‘n belegging van R1,9 miljard en sal na verwagting teen 2030 meer as 2 500 direkte werksgeleenthede skep. Die projek is ‘n strategiese komponent van die Durban Bay Waterfront-ontwikkeling en het ten doel om die stad te vestig as die poort tot Afrika op ‘n nuwe superjag-roete wat die Middellandse See met Afrika se oostelike kuslyn verbind.

Die munisipaliteit het in Maart 2026 in Viareggio, Italië, ‘n ooreenkoms met die sakenetwerk Navigo onderteken, waardeur Durban se nuwe roete aan die internasionale superjag-gemeenskap bekendgestel is. Daar word berig dat ‘n enkele superjag wat Kaapstad besoek het ongeveer R10 miljoen aan diesel alleen bestee het. Navigo het onderneem om vanaf 2028 jaarliks ​​10 of meer superjagte na Durban te bring; dit kan moontlik sowat R100 miljoen per jaar aan brandstofverkope genereer, nog voordat ander uitgawes in ag geneem word.

Die voorgestelde superjag-gebied is geoormerk vir ‘n perseel van 24 hektaar binne die Durban-hawe.

Die stad sal in November 2026 as gasheer optree vir die eerste Afrika-uitgawe van die Yachting Aftersales and Refit Experience On Tour-simposium.

KleinGroenBlohm
Jan Blohm, Herman Kleinhans en Gian Groen kom saam vir KleinGroenBlohm by die Theatre of Marcellus, Emperors Palace op Vrydag, 30 Oktober 2026. Dit is ‘n unieke viering van vriendskap, stories en musiek, met rou emosie, bekende treffers en spesiale oomblikke wat net vir hierdie vertoning geskep is.

KleinGroenBlohm